Harley Owners Group

Loading...
Sharing Our Experiences
Events Feedback
2018 02 17 Valentine One Nighter
KRUGER PARK LODGE, HAZYVIEW
"Sukses is om ander te laat dans" - Dr Ben Carson
17
Feb
2018
2018 02 17 Valentine One Nighter
KRUGER PARK LODGE, HAZYVIEW
17
Feb
2018
"Sukses is om ander te laat dans" - Dr Ben Carson

"Sukses is om ander te laat dans"  - Dr Ben Carson

Of jy nou fisies gedans het of in jou kop of in jou hart oor Genade en Dankbaarheid en die Liefde….ons het gedans en die naweek was SO lekker agv positiewe gesindhede en wonderlike Harley Vriende!!  Dankie aan elkeen wat saamgery het hierdie keer!

Dankie Hannelie vir die Koffie-stop by Olive Tree ter voorbereiding van ‘n lekker nat pad.  Benhardt en Charme het ons HOG Limpopo ‘pack’ van 19 Harleys met 33 lede, veilig gelei deur die mooiste passe tot in Hazyview en terug!

The Vine op Pelgrimsrus was ‘n heerlike kuier en Kruger Park Lodge het spesiale moeite gedoen met ons groep.  Die Chalets was netjies en mooi en goed toegerus – dankie vir die terugvoer julle.

Die aand se Boma braai op die oewer van die bruisende Sabierivier was ‘n heerlike kuier met lekker lag!

Gelukkig het ons toevallig hierdie keer ‘n ‘back-up’ voertuig beskikbaar gehad.  Spesiale dank aan Pieter & Amanda vir julle voertuig wat die Road King kon laai en veilig kon terugbesorg in Tzaneen!

Ons het Karen se verjaarsdag behoorlik gevier Sondag en ‘n heerlike ete is voorgesit by Cooked deur Jessica en haar span! 

Dankie Harry vir die Black Forest Verjaarsdagkoek, vars gebak en smaaklik!!

Baie dankie aan Rachel wat vir ons mooi fotos van die naweek geneem het en dat jy spesiaal jou toerusting saamgery het!

Dankie aan al die ander lede wat ook fotos geneem het om die oomblikke vas te vang en dit so geesdriftig op WA en FB plaas vir almal om te geniet!

2018 01 21 AGM & Outride
LEKWAR, HAENERTSBURG
Na ‘n lekker besige begin van die jaar, hiermee al die Nuutste HOG Limpopo Nuus vir jou as lid!!
21
Jan
2018
2018 01 21 AGM & Outride
LEKWAR, HAENERTSBURG
21
Jan
2018
Na ‘n lekker besige begin van die jaar, hiermee al die Nuutste HOG Limpopo Nuus vir jou as lid!!

Na ‘n lekker besige begin van die jaar met ons AGM Sondag, wat ‘n verkiesing was, met ‘n heerlike Outride, asook ‘n eerste Kommittee vergadering Maandag, 22 Januarie, hiermee al die Nuutste HOG Limpopo Nuus vir jou as lid!!

Ons Notule van ons AGM is hierby aangeheg; ook ons 2017 Direkteursverslag;

Ons Nuwe Direkteur is Benhardt Steyn;

Ons Nuwe Assistent Direkteur is Harry Kruger:

Ons Nuwe Tesourier is Dina Pretorius;

Ons Sekretaresse is Linda Liebenberg;

Ons Past Director wat ‘n oog oor ons gaan hou is Johann Liebenberg.

Dit is dan ons Nuwe EXCO!

Addissionele Lede wat Poste aanvaar het en nou op die HOG Limpopo Kommittee dien, is as volg:

•          Activities – Marius Swanepoel

•          Ladies of Harley – Charme Steyn

•          Photographer – Kathleen Breytenbach

•          Membership Officer – Dina Pretorius

•          Road Captain & Safety Officer – Ben Pretorius

•          Webmaster – Linda Liebenberg

•          Editor – Kathleen met plaas van fotos op ons FB page

Ons glo hierdie Lekker Vol Span gaan vir ons Chapter baie beteken en sien uit na ‘n 2018 vol LAG en RY!!

BAIE geluk aan elkeen van julle hierbo genoem! 

So gepaat van 2018….ons Kalender is reeds beplan met ons Kommittee vergadering en sodra dit goedgekeur is deur die EXCO word dit versprei.  Soos altyd, print asb uit, save die datums oral op jou foon en rekenaar en geniet asb alles saam as lid.  Dis JOU bydra….om Saam te Kom en Daar te Wees en die organiseerders te Ondersteun in al sy/haar moeite vir JOU gedoen….

Ons is tans 51 lede en ‘n span LEKKER mense in ons Chapter.

Onthou dat Alles sal ook op ons www.hog-limpopo.co.za beskikbaar sal wees…in jou hand, so indien jy nie seker is van iets nie, gaan kyk asb 1ste daar!

Welkom aan Nuwe Lede, almal vanaf Tzaneen area!!

Corma Bam – Corma het ook Sondag verjaar, 21 Januarie, baie geluk Corma en baie welkom in ons Chapter.

Tommy & Lynda Lyons het na ‘n jaar se vinnige afwesigheid weer aangesluit en ry sommer weer lekker saam hierdie jaar.

2017 11 11 Viking Year End Function
Magoebaskloof Mountain Lodge
A true Viking Gathering where there was Rebelling and Entertainment.
11
Nov
2017
2017 11 11 Viking Year End Function
Magoebaskloof Mountain Lodge
11
Nov
2017
A true Viking Gathering where there was Rebelling and Entertainment.

A true Viking Gathering where there was Rebelling and Entertainment from twilight till late nocturnal hours,

according to the enjoyment and wilful pleasures by the gathered.  Calling ALL Vikings!!!

Ag nee…..rêrig!!  Ek weet nie wat om te sê vir die lede wat nie daar was om in ons Jaareind Funksie te deel nie….? Aan die lede wat wel daar was…..julle sal verstaan hoe ek voel…..  Die Gees waarin ons die afgelope naweek gedeel het, was net onbeskryflik! Al ons pragfoto’s geneem deur Rachel Sonntag is gelaai op ons www.hog-limpopo.co.za en die persone wat Facebook het, gaan gerus na HOG Limpopo Chapter # 9939 en Like ons bladsy!  Ons foto’s verskyn ook daar vir jou gerief!

Die kuier het sommer al vroeg-vroeg al begin met die regtrek van ons venue by Magoebaskloof Mountain Lodge (die ou Ruskamp). Van hier het ons almal bymekaar gekom by Lekwar waar ons Marius Swanepoel ingewag het op sy spesiale verjaarsdag saam met ons! Lekker geeet by Frans, eienaar van Lekwar, wat baie moeite vir ons gedoen het met sy lekker ligte middagetes.

Ons het ‘n draai gaan maak by Magoebaskloof Hotel waar HOG Johannesburg hulle 1,000 kilometer Harley ryers ingewag het!  Toe moes ons bietjie rus….maar Almal het nie gerus nie want daar was allerlei afleidings beskikbaargestel !!  ;-))

Die aand om 6nm brand die vreugde-vure hoog, die Tequila loop 2-2, die musiek gee die toon aan vir ‘n aand vol groot kuier!! Almal wat aankom lyk FANTASTIES!!  Ons beleef ‘n Harley Viking Jaareind 2017 wat ons vir nog baie lank gaan onthou….groot dankie aan elkeen wat uit sy/haar ‘comfort zone’ geklim het, binne in ‘n ander mileu in, waar ons almal net onsself kon wees! Magoebaskloof se Jacques en Rene het uit hulle pad gegaan om alles so gerieflik moontlik te maak….die kos en diens gelewer, was met keur en geur! Jesse Witchel se musiek was so gepas en hy het bekende items gespeel tot die laaste ou waai! Selfs die WEER het saamgespeel en het ons saam gesing en gedans in die mistigheid van Magoebaskloof….ai, dit was so spesiaal.

Hiermee net weer spesiale melding en dank aan:

•          Ben Schempers vir die hout geskenk;

•          Die Breytenbach’s vir die heerlike groot biltong- en droeëwors pakkies;

•          Carla Oosthuizen vir die nagereg koekies;

•          Rachel Sonntag se fantasie foto’s vir ons Chapter;

•          Almal wat met voertuie deurgekom het om items aan te ry en terug te ry;

•          Almal wat gehelp het met items geleen en geskenk aan HOG Limpopo as décor;

•          Almal wat fisies gehelp met die opstel van die dag se sukses;

Ons het ‘n glasie geklink op van ons geliefde lede se lewens…..Sous wat nie meer in ons geledere is nie; Florence wat in ‘n vreemde vêr land sit; en Pieter Rautenbach wat nog ‘n kans gegun is en saam met ons hier die lewe kan vier!  Ten spyte van hierdie omstandighede het Ben Schempers en Pieter & Amanda steeds hulle weg oopgevind om saam met ons hierdie Kalender Item deur te bring….met Goeie Vriende!  En Marius wat verjaar het, het dieselfde besluit….wat ‘n voorreg is dit vir ons klomp! 

Baie geluk aan TINA NAUDE as Best Dressed Lady en BEN SCHEMPERS as ons Best Dressed Man!  Julle verdien die krediet!

Dankie aan Andre Naude wat talle lede gehelp het met hulle uitrustings en toerusting, wat so gepas was die aand.  Jy is werklik kreatief!

Dankie aan elkeen wat deel was van ons 2017 Viking Jaareindfunksie…..jou ondersteuning en lojaliteit word baie waardeer!!!  31 Lede woon by.

2017 10 22 Outride
Zena's Cantina, Kennington Lodge, Louis Trichardt
Marius Swanepoel ry heerlik en net soos 'n batchelor kan, na Polokwane.
22
Oct
2017
2017 10 22 Outride
Zena's Cantina, Kennington Lodge, Louis Trichardt
22
Oct
2017
Marius Swanepoel ry heerlik en net soos 'n batchelor kan, na Polokwane.

Marius Swanepoel ry heerlik en net soos 'n batchelor kan, na Polokwane, om vir Chris Breytenbach, Pieter & Christa Olivier en Johann & Linda Liebenberg by Shell Bendor te ontmoet.  Na 'n warm koffie ry ons via Dendron en draai ons by Vivo af, rigting Louis Trichardt.  By Dennis Craft Beer ala “Bulldog” aangekom, word ons hartlik ontvang en proe aan sy verskeidenheid bier in 'n lowergroen tuin wat hyself uitgele het!!

Na ons Bierproe ondervinding vertrek ons na Zena’s Cantina vir middagete (17km) buite Louis Trichardt by Kennington Lodge waar ons vir Pieter & Prinses van Heerden en Harry & Karen Kruger ontmoet…. Zena spesialiseer in Eisbein en vele meer ander smaaklike dinge...maar daai Eisbein is net die beste ooit!!

Na ons lekker gesellige en welverdiende kuier, ry ons terug via Soekmekaar na Tzaneen en Polokwane onderskeidelik.  Amper 400 kilometers vir Tzaneen Harleys en so 320 kilometers vir Polokwane Harleys….soos die woorde lui....."There is Nothing Stronger than the Bond of the Open Road".  Dankie julle, vir julle saamry, saamkuier en ondersteuning!!  Ons waardeer dit baie...

7 Harleys met 10 Lede woon hierdie Outride by.

2017 09 17 Outride, Thirsty Giraffe
Thirsty Giraffe, Hoedspruit
Ben & Dina Pretorius; Ben Schempers; Johann & Linda Liebenberg vertrek vanaf Polokwane.
17
Sep
2017
2017 09 17 Outride, Thirsty Giraffe
Thirsty Giraffe, Hoedspruit
17
Sep
2017
Ben & Dina Pretorius; Ben Schempers; Johann & Linda Liebenberg vertrek vanaf Polokwane.

Ben & Dina Pretorius; Ben Schempers; Johann & Linda Liebenberg vertrek vanaf Polokwane met die Duiwelskloof pad na Tzaneen en dit is weereens die heerlikste ry-weer!  Stop vir ‘n vinnige Mugg & Bean koffie voor die lieflike Letsitele geur van Lemoen bloeisels ons asems wegslaan.  Daarna ry ons salig deur die mooi Bosveld area tot by Thirsty Giraffe wat knus in die bos gebou is…

Die plekkie veras ons met die heerlikste kos en baie goeie diens!

Hier join Harry & Karen Kruger; Rachel Sonntag; Marius Swanepoel ons, nadat hulle die Dullstroom Rally bygewoon het.

Almal ry veilig terug huiswaarts.  Baie dankie vir almal wat saamgery het – altyd ‘n lekkerte!

7 Harleys; 9 Lede 

2017 08 26 Spring Rally Geesvang, Pretoria
HD Pretoria, Lynnwood, Pretoria
Twee Harleys - Le Roux & Swanepoel, kom oor 'n nat en koue berg waar nog twee Harleys
26
Aug
2017
2017 08 26 Spring Rally Geesvang, Pretoria
HD Pretoria, Lynnwood, Pretoria
26
Aug
2017
Twee Harleys - Le Roux & Swanepoel, kom oor 'n nat en koue berg waar nog twee Harleys

Twee Harleys - Le Roux & Swanepoel, kom oor 'n nat en koue berg waar nog twee Harleys - Pretorius & Liebenberg, hulle inwag op die N1 op na Pretoria. Lekker koue weer hou ons op en wakker en kuier ons 7 lede lekker saam by Harley Davidson Dealership waar HOG Pretoria hulle Geesvang aanbied vir hulle Spring Fest Rally wat opkom 1-3 September!  Beestekraal sing hulle harte uit...en Pretoria laat ons baie welkom voel met 'n tipiese Harley 'suitcase'....mmmmm.

Ons klomp check vinnig in by die City Lodge en stap dadelik oor na die nuwe Tiger's Milk wat oopgemaak het by Lynnwood Bridge. Baie lekker gesellige plekkie. Hier join die FilleSteyne ons en ons is 9.

Sondag oggend drink ons 'n koffie by VovoTelo en ontvang ons die nuus oor Sous wat oorlede is vanoggend en ons almal raak stil en besin oor die Lewe wat so kort is...ai Sous....ons gaan jou vertellings so mis; wanneer jy jou hand so oor jou mond vee wanneer jy iets snaaks vertel sodat jyself nie te gou lag vir die grappie nie....en dan bars ons uit vir jou "Moon River...." storietjie en ons lag! Wanneer ons aan jou dink sal ons altyd glimlag want dis wat jy aan my hart doen.....en die Arend op ons Foto Gallery wat opstyg is vir jou vanaf ons....

Ons gaan eet 'n stewige ontbyt by Oppi Plaas en kom almal veilig tuis. Dankie aan almal wat saamgery het en lekker saamgekuier het. Ons maak graag weer so.

2017 08 18 Polar Bear Two Nighter
Le Grand Chateau, Parys
11 lede met 5 Harleys woon hierdie two nighter by.
18
Aug
2017
2017 08 18 Polar Bear Two Nighter
Le Grand Chateau, Parys
18
Aug
2017
11 lede met 5 Harleys woon hierdie two nighter by.

11 lede met 5 Harleys woon hierdie two nighter by, ons Polar Bear na Parys, waarvoor baie lede gevra het!

Dit was 'n voorreg om saam met Florence Schempers te kuier vir haar laaste naweek in SA....Ons hou vir Ben op sy Harley....Engelvlerke vir jou Flowers!!

Florence skryf vir ons Chapter as volg:

"Ons vertrek Vrydagoggend so halftien vanaf Polokwane, opgestop soos Orosmanne, gewapen teen die klein kouefront wat ons verras het op ons Polar Bear. Liebenberg, Schempers, Naude en Martens vertrek en die Oliviers hak by Potties aan. Irma sluit in Warmbad aan en ons drink 'n warm koffie om te ontdooi. Ons arriveer laat middag in 'n stil en verlate winterwit Parys. Aandete by O's na 'n sundowner, oortref ons grootste verwagtinge en ons lag ons kopspiere af!!
Saterdagoggend stap ons oor na Plumtree vir 'n ontbyt vol nostalgie en almal vaar die strate in. So 12 uur kom laai Simon ons in sy Buthle Buthle taxi op en vertrek ons na die Dog & Fig Brouery en ons lag en kuier die NoordWes aan die brand. Die man drink 'n gat in die Aardige Ale Vat. Dit was die treffer van die dag! Daar het ook 'n Tequila of twee rond geval... Vandaar verkas ons na Pickled Pig se kroegie om die rugby te kyk en glo my...... hulle het die groepie Harley mense geniet.
Soos Linda se: Harley girls do not need freshing up, we are fresh!
So steier ons direk van daar af na Hoi Poloi en stoot en trek mekaar teen 'n trap op wat eintlik 'n leer is. Wat 'n smaak sensasie..... om nie eers van die Wyn te praat nie......
Ons eet Sondagoggend gou 'n ligte ontbyt en skiet weg terug huistoe. Heerlike ryweer en voorspoedig, kom ons by Mustang Sally in Pretoria aan. Dit was die perfekte manier om 'n fantastiese naweek af te sluit.

Dit was so lekker om my laaste naweek hier saam met wonderlike mense te vier. Dankie aan Linda vir puik reelings.
Ek is nou weer in transito.......gaan julle outjies en hierdie fantastiese land mis!!"

2017 07 30 Outride, Castle De Wildt
Castle De Wildt, Modimole
HOG Pretoria nooi ons Chapter Amptelik uit na ‘n Outride.
30
Jul
2017
2017 07 30 Outride, Castle De Wildt
Castle De Wildt, Modimole
30
Jul
2017
HOG Pretoria nooi ons Chapter Amptelik uit na ‘n Outride.

HOG Pretoria nooi ons Chapter Amptelik uit na ‘n Outride wat hulle reël na Castle de Wildt in Modimole (naby ou Nylstroom). Weet nie of jy al daar was nie, maar dit IS nogal ‘n belewenis om te sien!

16 HOG Limpopo lede woon die geleentheid by met 10 Harleys en dit was weer net die lekkerste ry-weer en kuier in die Bosveldson...dankie vir almal wat saamgery het en gelei het...Harry & Hendrik, ons waardeer!

2017 06 24 Jam-Ladies One Nighter
Villa Afriq, Lydenburg
Ons wag nog vir terugvoer na 'n Allerheerlike Naweek weg!! Hou die spasie dop!
24
Jun
2017
2017 06 24 Jam-Ladies One Nighter
Villa Afriq, Lydenburg
24
Jun
2017
Ons wag nog vir terugvoer na 'n Allerheerlike Naweek weg!! Hou die spasie dop!

Ons wag nog vir terugvoer na 'n Allerheerlike Naweek weg!!  Hou die spasie dop!

Le Roux; Kruger; Van Heerden; Rautenbach; Swanepoel; Liebenberg; Groenewald; Pretorius; Steyn - woon by - 17 lede met 10 Harleys!

Wonderlikste blyplek is deur Eleanor gereel by Villa Afriq, so mooi en so so fyn uitgekies na elkeen se smaak.

Die kuierplekkie vir die aand, Jam-Jar, was omtrent 'n FEES om by te wees....ai wat 'n lekker kuier!!

2017 05 21 Outride Bosveld Lodge
Dendron
Wat is nou lekkerder as die Magoebaskloof pas vir die “happy hormones” om te pomp!
21
May
2017
2017 05 21 Outride Bosveld Lodge
Dendron
21
May
2017
Wat is nou lekkerder as die Magoebaskloof pas vir die “happy hormones” om te pomp!

Na ‘n vinnige Mugg & Bean koffie, spring Marius, Harry, Karen, Stephan, Eleanor, Rachel en Stephan Nel (ons gas, met sy blinknuwe Fat Boy), op hulle bikes en val in die pad Dendron toe. En wat is nou lekkerder as die Magoebaskloof pas vir die “happy hormones” om te pomp!
In Polokwane ontmoet ons vir André, Tina-lief en Butch en na ons hallo’s uitgeruil het, druk ons die ysterperde se neuse Noorde toe.  ‘n Ent voor Dendron verras Bach en Katleen, nogal op haar nuwe trike, ons.
Die Bosveld Lodge se kos word “gebou” vir die groot honger. Die porsies is ekstra groot en die 1kg steaks was ‘n so na ‘n man se smaak! Ons kon maar net later wonder oor die poeding….
Na ‘n lekker kuier, oorvol magies en die Sondagkoerant wat roep, was dit weer tyd vir alleenwees met daai groot liefde van jou lewe -  jou eie persoonlike Harley Davidson motorfiets. Om een te word met die tegnologiese wonder hier onder jou en te weet: die hemel is hier en nou! Om nie te veel te dink nie – niks te praat nie en net te geniet! Pure lekkerte totdat jy jou liefde in die garage stop, die lig afsit en die deur toemaak en weet as jy moet verduidelik – sal jy nooit verstaan nie.

10 Harleys ry saam; 11 lede plus 1 gas.
Rachel Sonntag neem pragtige fotos vir ons website en het ook die terugvoer goedgunstiglik geskryf, ons is soooo bly jy is deel van ons Chapter Rachel....dit is wonderlik om jou te ken en saam met jou jou passie te kan deel.

Baie dankie Stephan Le Roux vir al jou reelings rondom hierdie lekker outride, ons waardeer jou en Eleanor ongelooflik baie!!

2017 05 1-13 Skeleton Coast Touring Rally
Namibia & Botswana
I FEEL BAD FOR THE PEOPLE WHO NEVER GO CRAZY
01
May
2017
2017 05 1-13 Skeleton Coast Touring Rally
Namibia & Botswana
01
May
2017
I FEEL BAD FOR THE PEOPLE WHO NEVER GO CRAZY

I FEEL BAD FOR THE PEOPLE WHO NEVER GO CRAZY

Dag 1 - 30 April 2017; 454 km
Dendron & Tzaneen – Rustenburg en Tzaneen – Polokwane
Jippie, ons is oppad na Namibië met ons Harleys! Vir die volgende 2 weke gaan ons meer as 5 000 km ry. Zeerust, Kang Botswana, Windhoek, Swakopmund, Walvisbaai, Tsumeb, Etosha, Caprivi, Kasane ... en dit op ons Harleys!
Bach & Kathleen en Harry & Karen ry tot in die Rustenburg omgewing en oornag by familie en vriende.
Mike & Hester en Marius ry tot in Polokwane en Johann en Linda reel vir die groep ‘n Pork Belly braai as Geesvang voor ons vertrek.

I'D RATHER BE A BIKER FOR A MINUTE, THAN A SPECTATOR FOR A LIFETIME.

Dag 2 - 1 Mei 2017
Rustenburg – Zeerust; 131 km of Polokwane – Zeerust; 485 km
Die lug is helder blou, die sonnetjie skyn lekker en ons Afrika Bos is mooi. Ons is 11 Harleys & 1 Ondersteunings-Bussie. Die klank van brullende enjins sing op die teerpad. By Groot Marico stop ons vir ietsie koud om die dors te les. Deur Zeerust se besige hoofstraat moet ons kalm bly vir kamakaze minibus entrepreneurs. By Avanti, net buite Zeerust, kom ons tot ruste en kuier gesellig om ‘n vuurtjie terwyl die manne skaaptjops en boerewors braai. Dis lekker of om deel van HOG Limpopo Chapter te wees!

Dag 3 - 2 Mei 2017
Zeerust – Kang (Botswana); 426 km
Vroeg oggend het Avanti Lodge se hoenderhaan ons wakker gekraai. Ons is vinnig deur die grenspos en ons 11 Harleys kon die oop pad neem. Wat ‘n lekkerte! Plek-plek was plate geel veldblomme, baie donkies, wilde perde en beeste. 'n Waaghalsige volstruismannetjie het groot opwinding veroorsaak toe hy al saam met die Harleys gehardloop het en ewe skielik tussen 2 Harleys oor die pad nael. Om en by elke 100 km het ons gestop, bene gerek, ietsie kouds gedrink en gesellig verkeer. Vanaand slaap ons in Kang.

Dag 4 - 3 Mei 2017

Kang (Botswana) na Windhoek (Namibia); 710 km

Nog voor die son opgekom het, het ons die pad deur Botswana na Windhoek aangepak. Dit was briesend koud! Teen 8 uur het die sonnetjie darem hitte begin bring. Een van die baie slaggate het een van ons Harleys beskadig. Gelukkig kan dit herstel word.  Ons is weer vinnig deur die grens na Namibië.  Altesaam het ons noual ongeveer 1 678 km gery met ons Harley Davidsons. En glo my elke kilometer is pure lekkerkry! Vandag alleen was 710 km. Op 'n Harley is dit die moeite werd. Ons sluit die aand af by die wêreld bekende Joe's Beerhouse. Drink Kleine Kleine Cherry Likeur en eet Eisbein!

Dag 5 - 4 Mei 2017
Windhoek – Swakopmund; 373 km
Namibië is pragtig! Voor Okahandja drink ons lekker koffie. By Usakos eet ons die lekkerste suurlemoen meringue tert. Nou begin ons semi woestyn kry met die Spitzkoppe in die verte. Die Harley se temperatuur indikator wys dis 39'C. Ons ry uiteindelik Swakopmund met sy palmbome binne. Vir die volgende 3 dae is Alte Brucke, reg langs die blou Atlantiese Oseaan ons tuiste.  By die Skeleton Coast Rally se tent registreer ons en kry elkeen ‘n baie oulike ‘goodie bag’! Ons sluit die aand af met yskoue wyn en lekker seekos by Pier 1905 op die Swakopmund Kaai.

Dag 6 - 5 Mei 2017
Swakopmund; 75 km
Wat ‘n belewenis! Harleys vanaf Limpopo, Kaapstad, Durban, Pennington, Bloemfontein ... heinde en verre ry in ‘n ‘mass ride’ van Swakopmund na Walvisbaai. Aan die eenkant die woestyn en aan die anderkant die blou see. Wat ‘n voorreg!  Ons middagete is by The Raft in Walvisbaai se hawe en is ingesluit by die Rally, heerlike Schnitzels en Calamari met yslike aartappels….

Dag 7 - 6 Mei 2017
Swakopmund; 100 km
Ons kuier by Windpomp 14 tussen Swakop & Hentiesbaai by Myl 14 op die see. Drink Amarula koffie, baie wyn & eet vis en/of calamari & properse weskus chips. Die lekkerste ‘live’ musiek speel en Limpopo Chapter bly natuurlik tot heel laaste! Later ry van ons na Duin 7 en ervaar die woestyn wind en sand behoorlik. Die Skeleton Rally sluit af met ‘n heerlike braai op die strand. Môre is ons oppad na die noorde!

Dag 8 - 7 Mei 2017
Swakopmund – Tsumeb; 565 km
Na ontbyt groet ons die koel seeluggie van Swakopmund. Die hitte tref ons vinnig hoe verder weg ons ry. By Usakos koop ons liplekker droë wors. Middagete is KFC op Otjiwarongo. Die pad is besig met mense wat Windhoek toe gaan na die naweek. Hoe nader ons aan Tsumeb kom verander die natuur. Die Otavi berge, kameeldoringbome & savanna gras is pragtig.
Nou het ons al 2 800 km gery. Ons is so dankbaar vir elke veilige kilometer. Ons slaap vanaand in Tsumeb by die Minen Hotel.

Dag 9 - 8 Mei 2017
Tsumeb – Etosha; 96 km
Wat ‘n ongelooflike dag!!!  Vanoggend het ons ‘n vinnige draai by die Tsumeb Museum gemaak na ontbyt. Daar is ‘n baie goeie uitstalling van die Duitse Schutztruppe se artillerie en die geskiedenis van Tsumeb myn. Daarna was ons by die Otjikoto meer wat ‘n natuurlike sinkgat is. Toe is ons na Emanya @ Etosha. Dis n pragtige lodge! Ons wildsrit in Etosha Park was n belewenis en groot pret. Die hoogtepunt was toe n jagluiperd n rooibok bekruip het. Die Afrika sonsak was asemrowend mooi en ons kon almal rustig n glasie wyn geniet en Afrika inneem en opreg waardeer.

Dag 10 - 9 Mei 2017
Etosha – Rundu; 418 km
Die pad van Etosha na Rundu was lank en warm. Ons stop naby Mgunya en drink ietsie koud by ‘n regte cooka shop. Die enigste toilet daar was ‘n "long drop" wat gelukkig skoon was. Naby Rundu sien ons die grashutte van die plaaslike bevolking, die vars visse wat hang teen takke en vroue wat stap met kanne water. Ons slaap by Kavango River Lodge reg langs die Kavango Rivier. Pragtig sonsondergang! Die aand braai Johann en Bennie lekker skaapribbetjies, spesiaal aangekoop vir ons in Swakop by Namakwa Slaghuis. Ons eet braaibroodjies, koolslaai & soetmielies alla Harry.

Dag 11 - 10 Mei 2017
Rundu – Kasane; 648 km
6 uur voor sonsopkoms is ons oppad. Vandag is ‘n lang pad. Dis bibberend koud. Ons stop om ons ontbytpakkies te eet - appels, hard gekookte eiers en vars kaasbroodjies. Die sonnetjie kom op en gou kry ons warm. Naby Katimo Malimo bars ‘n band van ons "support vehicle" se waentjie. By die grenspos verloop alles glad en vinnig. Ons ry deur die Chobe. Wat ‘n belewenis! Op ‘n Harley sien ons olifante. Vir die volgende 2 dae is ons in Kasane by Kubu Lodge langs die Chobe rivier. Rustige plekkie, met bosbokkies wat loop tussen die chalets.

Dag 12 - 11 Mei 2017
Kasane Botswana
Vandag rus ons. Harleys word gewas. Party gaan vir n lekker spa massering. Ander verken Kasane. Die middag gaan ons almal op n boot-rit op die Chobe rivier. Wat ‘n lekker bederfie! Ons sien visarende, baie seekoeie, baie krokkodille, visvangers, olifante ... Die sonsondergang is weer pragtig!

Dag 13 - 12 Mei 2017
Kasane – Palapye; 660 km
Vroeg op vir ons DERDE Sunrise Monster op ons trip. Dis bitter koud op die bikes. Die pad tussen Francistown en Nata is met ‘potholes’ besaai. Ons ry versigtig en almal kom veilig deur. Vanaand slaap ons in die Majestic Five Hotel. Na ‘n lekker stort, kuier ons vir oulaas lekker saam om ‘n laaste aandete tafel. Môre is die laaste deel en gaan almal huis toe, mens kan dit bykans nie glo nie….

Uit en tuis by die huis!

5 295 km deur Botswana na die Skeleton Coast Rally in Swakopmund via Tsumeb, Etosha, Rundu, Kasane & weer uit by Botswana met ons Harley Davidson motorfietse. 10 motorfietse, 1 ondersteuningsvoertuig, 17 wonderlike vriende! Kosbare oomblikke wat altyd by my sal bly. Dankbaarheid vir geleenthede en veiligheid. Weereens het ek besef dat Afrika pragtig is EN dat ek nou maar net ‘n Harley girl is! Dankie Bach Breytenbach, Johann & Linda Liebenberg, Harry Kruger, Karen Kruger, Mike & Hester van der Spuy, Bennie & Corneli Groenewald, Ben & Dina Pretorius, Benhardt & Charmé Steyn, Marius Swanepoel & Henning de Jager , Johan Theron (gas) - vir memories forever!!

Uit die pen van Kathleen Breytenbach

2017 04 22 Bosvelder Pub-Crawl One Nighter
Raptor's View, Hoedspruit
Terugvoer komende vanaf ons Lede wat saamgery het.
22
Apr
2017
2017 04 22 Bosvelder Pub-Crawl One Nighter
Raptor's View, Hoedspruit
22
Apr
2017
Terugvoer komende vanaf ons Lede wat saamgery het.

Terugvoer komende vanaf ons Lede wat saamgery het:

"Lekker #inibosharleykuier....genuine friends filled with goodwill and laughter...dankbaar!  Dankie Linda vir jou reelings en juweelplekkies wat jy opspoor!"

Ander skryf...."Die keuse van stop plekke was baie interessant en mooi!  Ons sal graag weer ons unieke blyplek wil besoek in die toekoms.  Die geselskap was uit die boeke!  Die reelings puik en die ry, heerlik koel. Baie dankie vir 'n heerlike tyd in die Bos!"

14 lede, 9 Harleys, ry Saterdag saam en pub-crawl al te lekker saam....middag ete by Bush Pub Inn en ry al langs die berg af tot by die Blyderivier en daarna na ons blyplekkie....Raptor's View.  10 lede eet die aand heerlik by Sleepers waar die trein nostalgies elke nou en dan verby stoom....

Sondag oggend 'n egte Kaapse ondervinding in die Bos!  Kom maar volgende keer saam om te deel in die lekker.