Oulike plek en 'n lekker pad na Elephant Restaurant wat Benhardt en Charme vir ons uitgesnuffel het! Baie dankie julle. Lekker geeet maar veral weer heerlike ry-weer en kuier-atmosfeer! Dankie Rachel vir die mooi fotos geneem by die plekkie. 13 lede, 2 gaste met 11 Harleys ry saam.
Ons Valentyn One Nighter na Mabula Lodge was nogal erg lekker – VERAL toe daardie koelboks reg onder Benhardt ontdek is deur Soon EN toe Soon ontdek het dat Andre & Tina se kamersleutel wel ‘n wynbottel se kurk kan uittrek!! Net daar is die voorman (dis nou die mooi game ranger) van die pad af ‘verlei’ en ‘n ‘sundowner’ plekkie is mooi uitgesoek waar die ‘katte’ tot laat rondgeloop het….. ;-))
Dit was ook die eerste keer in Mabula se geskiedenis dat Harley Davidsons op die Reservaat toegelaat is – 9 Harleys het saamgery!
Wat ‘n JOL en Lekker Lag!! Dankie vir almal wat saamgery het – ons 14 lede het sooooo lekker saamgekuier met Valentino 2017!!
24 Lede RY in die heerlikste koel weer, saam Laeveld toe - Selati River Ruins verwelkom ons op hulle dek wat uitkyk oor 'n vol Selatirivier! Ons AGM word baie vinnig afgehandel en ons almal kuier en smul aan sappige Burgers, self gebou. Nie 'n druppel reen nie.....almal veilig uit en tuis in perfekte ry-weer! Dankie aan elkeen wat moeite gedoen het om te kom groet so in die Nuwe Jaar, ons waardeer en dit was Lekker om elkeen weer te sien!! Ons 2017 HOG Limpopo Kalender word vinnig bespreek en is elders op ons webtuiste beskikbaar onder 'Event News & Highlights'. Hou asb ons 'outride' en 'sleep-over' datums oop vir BAIE Harley Pret & Plesier hierdie komende jaar!!
18 Lede woon ons 2016 Laaste Outride na Mountain Cafe by en geniet ‘n heerlike ‘lazy luncheon’ in die koeligheid van die Wolkberge, sentraal geleë in die Magoebaskloof Pas, vir meeste van ons HOG Limpopo Lede. Dankie aan almal wat kom groet het vir die ou-jaar!
Wat ‘n Fantastiese Jaareind was dit nie alweer vir ons Chapter nie!? 39 lede woon ons 2016 HOG Limpopo Jaarafsluiting by, te Grand Hotel naby Tarentaalrand – ‘n oulike venue ontdek deur Eleanor le Roux! In 39 grade Celsius het ons klomp heerlik ontspan in die GROOT & DIEP swembad – dit was ‘n heerlike lafenis Na die warm ry, na die Laeveld. Dankie aan die Tzaneen fietse wat ons klomp kom verwelkom het by Iron Crown die middag, terwyl die ander baie gesweet het om ons venue mooi te maak – net so dankbaar vir julle!!
Die aand se verrigtinge het sommer vroeg-vroeg begin en met die intrapslag het Mike & Hester van der Spuy ons onder ‘kamera’ gehad en almal deeglik afgeneem in die ‘Golden Hour’ om elkeen se moeite gedoen, vir ewig vas te lê in die oomblik! Dankie julle goeie fotograwe – daar lê nog ‘n heerlike verassing vir almal wat teenwoordig was voor het El beloof…..en dankie ook aan al die lede wat kiekies geneem het en aangestuur het Sondag!
Jinne, kan goeie vriende sooooo LEKKER kuier en net wees!!!!?? Die prys vir die bes-geklede Lady of Harley het gegaan aan Dina Pretorius; Die best dressed guy het gegaan aan Benhardt Steyn – well done julle – ons almal het werklik gelyk soos die foto hierbo en dit het gekook – letterlik en figuurlik! Na ‘n fantastiese ete het omtrent almal weer daai lieflike swembad betree…….splash-splash is elkeen goed afgekoel en ons het gedans (of gehop ;-) tot laaaaat die aand op die maat van die musiek uit die Hippie era!!
Na ‘n heerlike nagrus in gerieflike groot kamers en ‘n ordentlike groot ontbyt, het die ‘pack’ vertrek – net voor die son kon water trek – want ons het mos nou gister ons les geleer.….die Berg was ‘n verfrissende koel ry terug na Polokwane en almal is veilig uit en tuis na ‘n aller-heerlike naweek van lag, saamkuier, gesels, opvang, uitvang en nog meer lag en gesels!!
Dankie weereens aan ‘n Girl wat KAN organiseer! Ons weet wat dit vat en waardeer elke detail waaraan aandag geskenk is, om ons Jaareind so ‘n sukses te kon maak! Jy verdien elke kompliment Eleanor….ons maak graag weer so!!
Elke keer wat mens op ‘n one/two nighter of ‘n outride gaan, is daar ‘n lekker storie om te vertel wat jy nie gou gaan vergeet nie! Kathleen Breytenbach skryf vir ons die volgende oor ons outride ervaring GISTER…..
Harley ‘moments’ is nooit vervelig nie! Dit het ons weereens besef met Sondag, 2 Oktober 2016 se Breakfast Run na Haenertsburg. Ons was 4 motorfietse; Linda & Johann Liebenberg, Charmaine & Butch Martens, Bach & Kathleen Breytenbach en Hendrik Blignaut.
Oppad Haenertsburg toe kon ons die vars lug in asem, die brul van die motorfietse waardeer, die kleurvolle bloeisels en groen natuur bewonder. Die stres van die week se gejaag het vinnig verdwyn! Na ‘n heerlike ligte ontbyt by Minki’s het ons deur die Spring Festival se stalletjies gedrentel en geproe aan die gourmet bokmelkkaas, Litchi Likeur en ook die lekkerste Gin ontdek.
Van Haenertsburg af het ons ‘n stop gemaak by die Pot & Plow vir ‘n lekker drankie en knoffel focaccias. Oppad terug het ons vinnig met Moeder Natuur te doen gekry. HAEL! ‘n Eerste vir die meeste van ons op die Harleys! Wat ‘n belewenis! Eina! Hael is soos ‘n sweep wat piets – oral oor. Lag en skree gelyk!! Benoude oomblikke! Ons is veilig daardeur en kan dit nou ook op ons “done IT” lysie sit. Weereens was dit ‘n onvergeetlike tyd saam op ons Harley Davidson met HOG Limpopo Chapter.
Baie dankie Kathleen Breytenbach, ons kan elke woord be-aam!! Dit was ‘n Ongelooflike Natuur Ervaring! Almal se groot Blou-kolle getuig daarvan!! ;-))
Die naweek se Harley Stroom Rally was ‘n RAAK Rally en is ons bly oor ons Chapter se keuse om hierdie Rally te ondersteun hierdie jaar! Ons was in 3 verskillende wêrelde vanaf Vrydag tot Sondag…..
Vrydag se ry via die R579 was ‘n hoog-somer ry en die pad besonder stil. Het gevoel of ons deur Namibie ry en daardie ‘Quarts’ het sy ding mooi gedoen op die regte tyd!!
Die Rally self was goed gereël deur Zambezi Chapter….dankie aan Hester Marais en haar span! HOG Limpopo het natuurlik elke oomblik van lekker-kry aangegryp en GROOT gegaan….ons fotos getuig daarvan!! 34 lede woon by met ‘n ‘pack’ van 22 Harley Davidsons uit HOG Limpopo!
Sondag se ry oor die Panorama was ‘n mid-winter Europese ry! Net so lekker! Dankie aan elke lid wat saamgekom het, dit geniet het en elkeen se positiewe terugvoer! Dit was voorwaar ‘n Fees!
Ons RY oor die afgelope naweek was weereens FANTASTIES! Dankie aan al ons lede wat saamgekom het…..weereens die lekkerste lag-tye saam met julle….. ‘Tafelkop’ & Tequila!
Ons roete het ons groep geneem op die N11, Marble Hall se kant toe, by ‘n lekker stop plek aangedoen, aanbeveel deur Jan Oosthuizen, dankie Jan! Vandaar met die R573 en toe afgedraai na Rust de Winter op die Dinokeng pad – baie interessante pad om te beskou vanaf ‘n Harley…. Terug het ons ‘n heerlike brunch by Toeka se Dae geniet en met die ou pad gery – 740 km vir Tzn Harleys en 540 km vir Ptg Harleys, met slegs R15.00 spandeer aan tolgeld op ons roete heen en weer! En die beste van alles is….hierdie tyd van die jaar het ons in Limpopo, die heerlikste ry-weer….
Ons is hartlik en persoonlik verwelkom deur Shane & Linda van den Berg, eienaars van Maroela TreeTop Lodge, en wat ‘n skat in die Dinokeng area!!? Dankie Dina, dat jy saam met my na die plekkie gaan soek het, dit word waardeer en het ons Chapter perfek gepas – slegs 400m mooi grondpad, klein en persoonlik, die hele venue net ons sin! Goeie akkommodasie, baie gerieflik en baie billik geprys. Die steaks was uit die boonste rakke…..ons aandete ‘n treffer, en so het ons tot laat aand om die vuurtjie gesit en gesels, soos ou Harley vrinne doen. Ons maak verseker weer so!!!
Ons was 3 Harleys uit Tzaneen en 9 Harleys uit Polokwane.
‘n Totaal van 16 lede en 2 gaste het die lekker 12 grade Outride saam gery en saam geniet.
Wat vir ons gewag het by Caffe Villa Tratoria in Haenertsburg was Warm Gluhwein, Warm Kaggels, Warm Sop, heerlike Italiaanse “comfort” geregte en die lewe is ‘n Fees!
Goeie diens & goeie kos = Ons maak verseker weer so!
Weereens ‘n FEES gewees van lieflike paaie, oulike stop plekke, verblyf, lekker eet, BAIE lag en kuier!!! Dankie aan Benhardt Steyn wat elke detail onder beheer gehad het en gesorg het vir ‘n HOG Limpopo World Ride One Nighter wat ‘n totaal van 8,176 Kilometers opgelewer het!!! 15 Harleys (20 lede) het die naweek deelgeneem, waarvan 10 fietse met 15 lede gery het tot verby Nelspruit en terug! Well done! aan Karen Kruger wat haar eerste one nighter meegemaak het op haar eie Harley Davidson!! Ons is verskeie passe deur en Karen was ‘n Meester! Ons winter weer is net oor en oor die LEKKERSTE ry-weer waarvoor enige Harley eienaar kan vra!!
Ons Outride wat plaasgevind het op Sondag, 15 Mei na Wia-Kyla Restaurant naby Bandalierkop in die Noorde, was net so suksesvol – Benhardt….weereens, baie dankie aan jou in ons afwesigheid!! 26 lede met 15 fietse woon die outride by. Stephan laat weet dat die eet reëlings puik was. Die kos het vinnig uitgekom en kon almal bykans tegelykertyd smul aan die heerlikste beesstert! Dis ‘n lekker plek met goeie atmosfeer – GREAT….veral die skraps-geklede dame by die swembad, het BAIE aandag van die manne getrek .... ;-))
16 HOG Limpopo lede het Africa Bike Week 2016 bygewoon! 12 Lede met 6 Harleys het die onvergeetlike Natal Mini Touring Rally ROETE gery, want dit het meer oor die Roete gegaan as ABW self vir ons Lede – Pretoria; Clarence; Nottingham Road; Margate; Chrissiesmeer. 2 Tzaneen Harleys 2,371 kilometers elk; 4 Polokwane Harleys 2,329 kilometers elk; geen voorvalle en veilige kilometers, dankbaar. Le Roux; Steenkamp; Pretorius; Naude; Liebenberg en nuwe lede Butch & Charmaine Martens, ry die mooi roete. Faantjie & Hannelie Pretorius; Martin & Magda Botha kry ons daar – wat ‘n heerlike tyd!! Hiermee mooi terugvoer vanaf nuwe lede, Martens -
As nuwe lede van die HOG Limpopo Chapter het ons, Butch en Charmaine, besluit om die Natal Mini Touring Rally, Africa Bike Week 2016 by te woon, en het glad nie geweet wat om te verwag nie.
Op 26 April vertrek ons saam met Andre en Tina net na 1 uur na Pretoria om die res van die groep te ontmoet, Ben, Dina, Johann en Linda het al douvoordag gery om hulle “bonies” te laat diens . Die Tzaneen groep Leon, Marina, Stephan en Eleanor het na 2 uur uit Tzaneen gery en het donker in Pretoria aangekom, hulle was dan ook die enigste mense wat lekker nat gereën het (julle verdiende loon omdat julle so laat wou ry HA HA!!) Die belangrikste is dat almal veilig aangekom het en natuurlik lekker honger was. Ons het by Koi, ‘n baie “nice” restaurant gaan eet en ek en Charmaine het sommer gou gevoel of ons almal lankal ken - so lekker het ons gekuier.
Die volgende oggend 8 uur was ons almal in volle glorie, behalwe vir Ben en Dina wat via Kroonstad gery het, oppad Clarens toe om gou hallo te gaan sê vir hulle Moeder. Die res van ons het groot groepe Harleys langs die pad gekry. Dit gee mens sommer hoendervleis as jy so ‘n groep Harleys sien wat in gelid ry. Dan besef jy waarom ‘n Harley Davidson ‘n mens so goed laat voel, maak nie saak wat wie sê nie. By Villiers het ons van die snelweg afgeklim om met die sekondêre paaie te ry wat darm redelik rybaar was as mens in ag neem die onderhoud is nie meer wat die moet wees nie. Dit bly maar ‘n lekker gevoel om rustig deur die “country side” te ry. Sonder om af te spreek kom ons en Ben hulle op presies dieselfde tyd in Bethlehem aan (hoe is dit vir time management!) waarna ons almal saam Clarens toe gery het en sommer eerste by die Duitse bier brouery gestop het. Hier het ons ‘n goeie “job” gedoen om die local bier te toets, terwyl die vrouens bietjie die winkels gaan verken het om te sien wat Clarens bied. Met hulle terug keer en wat gevoel het soos 5L bier later, het ons lekker gesnack aan kaasplatters en German sausages waarna almal hotel toe is, behalwe vir my en Charmaine wat vir vriende van ons gaan kuier het en dan ook die aand daar oorgeslaap het.
Die volgende dag was ons laat- ek het gedag hier kom ‘n starf dop - maar dit lyk my die groep het my jammer gekry en dit oor gesien (ek was nogal terleurgesteld). Ons het die Golden Gate roete gery na Nottingham Road in die Midlands wat vir my die mooiste deel van ons roete was en die aand het ons weer baie lekker gekuier. ‘n Paar van ons het die aand Kerrie geëet met ekstra rissies en dit het die manne vir ‘n paar dae op hulle tone gehou (as jy verstaan wat ek bedoel). Die volgende dag, na nog ‘n lekker “ride” het ons in Margate gearriveer waar ons afgepak het en toe by die HOG hospitality tent bymekaar gekom het vir ‘n paar biere voordat ons later die aand by Larry’s gaan eet het. Botha & Pretorius het saamgekuier. Dit was hier waar ons Tequila ontdek het wat sekere manne in die “mood” gesit het om tot 3uur die volgende oggend te kuier.
Saterdag was reënerig en almal was gelukkig om die dag net te “chill” en rond te loop. Hierdie jaar was daar maar min uitstallers in vergeleke met vorige jare maar dit was nie regtig waaroor dit vir ons gegaan het nie; maar eerder oor die “ride itself”. Sondag 7uur het ons weer die pad gevat huistoe en die slag was daar ‘n lang ‘stretch’, oor die 700km, na Chrissiesmeer. So 150km voor Chrissiesmeer het die tempratuur baie gedaal en was dit so koud dat ons letterlik gebewe het, maar die akkommodasie was weereens eerste klas met ‘n lekker warm kool stoof wat vir ons gewag het by die restaurant. Dit was so lekker om voor die stoof te ontdooi en ons het so lekker gekuier asof dit nog die eerste aand was. Soos dit ons betaam, het ons die aand afgesluit met ‘n lekker Tequila. Na ontbyt die volgende oggend het ons by Carolina brandstof ingegooi en vir Leon, Marina, Stephan en Eleanor gegroet wat kort daarna afgedraai het Tzaneen toe. Die middag het almal na ‘n uitstekende week veilig by die huis aangekom en afgesaal.
Dit was die beste ‘trip’ wat ons nog op was en ek moet vir Johann en Linda baie krediet gee op die manier waarop hulle die reëlings bymekaar gesit het. Die roete, akkommodasie, eetplekke, “stopovers” en uitkyk punte was alles perfek gekies en gereël.
Baie dankie aan almal wat deel was om die “trip” moontlik te maak; ons het dit baie geniet en goeie vriende gemaak.
Kan nie wag vir die volgende een nie!!
Butch & Charmaine Martens