Harley Owners Group Limpopo

HOG ® Limpopo Chapter #9939
Captain's Corner
Code of Conduct

Below is the HOG ® Limpopo Code of Conduct, applicable to all members.

Skrywe vanaf die Direkteur van HOG Pretoria

Hiermee skrywe vanaf die 2014/5 Direkteur van HOG Pretoria wat aanvaar word as 'n bylae tot ons HOG Limpopo Chapter By-Laws:

Ladies of Harley

En ook iets meer oor ons Ladies of Harley....

HOG Limpopo Ry-Reelings

HOG Limpopo ry-reelings soos bevestig en goedgekeur deur ons Dealer Principal, Harley Davidson Pretoria:

  • Met elke HOG Limpopo Outride sal die ‘pack’ gelei word deur ‘n ‘leader’ en sal daar ook ‘n ‘sweep’ aangewys word.
  • Die ‘pack leader’ sal om die beurt of die Direkteur of die Road Captain wees of deur ‘n ander persoon wat deur die Road Captain aangewys word.
  • Voor elke ‘outride’ sal daar ‘n ‘sweep’ deur die Road Captain aangewys word.
  • Die roete wat gevolg word asook stilhou en/of bymekaarkom punte sal met die ‘briefing’, voor die outride, deur die Road Captain deurgegee word aan die lede wat saamry.
  • Die Road Captain sal ook verantwoordelik wees, om wanneer nodig, in die ‘pack’ op en af te beweeg en probleme aan te spreek soos om gapings te verklein, ens.
  • Die Road Captain en die Direkteur sal verantwoordelik wees om seker te maak dat alle lede by die stop punte aankom en dat daar nie vertrek sal word alvorens alle lede wat saamry opgedaag het by die versamelpunt nie.
  • HOG Limpopo, as ‘n betreklike klein Chapter, is geensins gemagtig om enige amptelike ‘marshalling’ te doen nie.
  • Geen verkeersregulering by stop en/of kruispaaie of enige ander verkeerregulering word toegelaat nie.
  • Dit is eerstens onwettig om verkeersregulering te doen.
  • Tweedens het ons geen versekering wat ons dek ingeval van ‘n ongeluk wat mag plaasvind as gevolg van verkeersregulering deur ‘n ongemagtigde persoon nie.
  • As ‘niche’ en relatiewe klein Chapter is ons Road Captain en Safety Officer een lid van ons Chapter.
  • Vir ons is dit belangrik om by motors verby te gaan en nie die teenoorgestelde nie.
  • Ons hou by die spoedgrens en verkeersreëls.
  • Handseine word deurgegee vanaf voor na agter.
  • Wanneer ons in 'n 'pack' ry, hou die Harley agter jou die hele tyd in jou spieeltjie.  Indien jy die Harley agter jou NIE kan sien NIE, ry stadiger tot jy die persoon weer kan sien.  Indien almal dit doen, 'stagger' ons in die proses almal na agter en bly die 'pack' dus bymekaar.