HOG Limpopo Chapter se Komitee vir 2020 & 2021 is vandag verkies deur 53 lede. Geluk aan -
- Director Harry Kruger
- Assistant Director Marius Swanepoel
- Treasurer & Membership Officer Charme Steyn
- Secretary & Webmaster Linda Meintjes Liebenberg
- Past Director Benhardt Steyn
- Road Captain Johann Liebenberg
- Ladies of Harley Karen Kruger
- Activities Pierre Welthagen
- Photographer Gawie Booysen
- Editor Kathleen Breytenbach
Dankie vir elkeen se beskikbaarheid om ons Chapter een van die bestes te maak!!
31 HOG Limpopo Lede woon by.
Die 2019 HOG Limpopo eindjaarfunksie was soos dit nou al die norm geword het – Een Groot Partytjie – soos net HOG Limpopo dit kan doen. ‘n Vinnige & ligte middag-ete by Lekwar was gevolg met outride as groep saam na The Ranch, net buite Polokwane, om as voorsmakie te dien op wat sou volg.
Die aankoms by The Ranch het ingesluit ‘n koel lafenis vir die droeë kele met ‘n vinnige inboek en registrasie sodat almal hul somerklere kon gaan aantrek vir ‘n lekker kuier langs die swembad vanaf 15:00
Om 18:00 het die een na die ander COOL Grease couple by die venue opgedaag om verwelkom te word met die lekkerste mengel drankie – saamgestel volgens jou eie keuse.
Vandaar is ons na die pragtig opgemaakte en voorbereide tafels – in ‘n saal wat ons almal laat voel het ons is in die 60’s – marshmallows, langspeelplate, juke box, en nog meer.
Lekker eet en lekker dans was aan die orde van die dag – en niemand het honger of uitgerus gaan slaap nie.
Baie dankie aan die Ladies of Harley, Polokwane vir ‘n partytjie duisend.
Charme Steyn
Captain Ladies of Harley
9 Harleys met 16 Lede en 1 Gas woon by. Ons doen die Outride vir Stephan Le Roux wat die vorige dag oorlede is. Almal teenwoordig ry saam in leedwese....
Stephan Le Roux is skielik oorlede op Saterdag, 12 Oktober, op sy laaste Harley Davidson rit op aarde....
Sy begrafnis het plaasgevind op Vrydag, 18 Oktober in Tzaneen.
Stephan was 'n Life Member van HOG en het ook voorheen gedien op ons EXCO.
Ons innige simpatie aan Eleanor, kinders en kleinkind wat agterbly. Julle is in ons gebede, elke dag.
Dankie vir elkeen se bydra gemaak in hierdie swaar tyd.
Al die HOG Limpopo lede wat in die stoet gery het;
Marius Swanepoel se reelings rondom dit;
Pierre Welthagen vir die replika vlaggies, soos wat Stephan altyd op sy Road King gehad het;
Corma Bam vir blomme; Karen Kruger vir blomme;
Elkeen se spesiale boodskap, oproep en daarwees vir Eleanor en haar gesin.
Daar is net EEN familie soos ons HOG Limpopo Familie en dit is 'n voorreg om deel hiervan te wees! Julle is so 'n spesiale groep mense en elkeen word opreg waardeer.
When you're in the Harley Owners Group, you're part of something bigger than yourself.
Marius Swanepoel
13 Lede woon by; 9 Harleys; Plek: Ash River Lodge in Clarens (www.ashriverlodge.co.za) Kostes: R2,100 per kamer vir 2 nagte, ontbyt uitgesluit maar bestuur dring daarop aan dat ons iets eet voor vertrek elke dag - HULLE DIENS WAS VOORTREFLIK….!!! Saterdag 21 Sep 2019 7:30: Pack - Benhardt & Charme, Ben & Dina, Johann, Butch & Charmaine, Mike & Hester, Bach & Kathleen = 8 bikes - ontmoet by Caltex The Ranch om 7:45 te vertrek. Ons volg die N1 oppad na JHB Pieter Joubert en Linda Liebenberg sluit in Pretoria aan by die groep Na Midrand neem ons die N3 oppad na Durban. Vanaf Warden neem ons die R712 en ry via Bethlehem na Clarens. Totaal van 625km vir die dag. Verwagte aankoms by Ash River Lodge in Clarens ongeveer 16:00 Ons drink iets kouds by Clarens Brewery en eet die aand by Highlands Restaurant, heerlik! Sondag 22 Sep 2019 8:30 Pack kom bymekaar by Ashriver Lodge vir outride na Fouriesburg vir ontbyt by Die Plaasstoep Totaal van 72km (36km x 2) Die res van die dag shop die girls heerlik en die manne is geduldig. Aandete by Gosto Portuguese Restaurant, die beste prawns! Maandag 23 Sep 2019 Almal ry terug na Limpopo op hul eie tyd en tempo. Lede wat Dinsdag eers uit die berge is, het reg in die tande van die kouefront ingery maar dit darm oorleef! Meeste van ons volg die R712 deur Golden Gate na Harrismith. Vanaf Harrismith volgs ons die N3 and daarna die N1 weer terug huis toe. Totale km tot in Polokwane 671km en 763 na Tzaneen
Benhardt Steyn
Dag 1 - 7 Aug 2019
Letsitele, Tzaneen, Dendron, Polokwane na Ventersburg Vrystaat.
So begin ons Route 62 Harley Davidson toer. 7 bikes & 2 trikes. 13 HOG Limpopo Lede. 606 km vandag gery. Die N1 tussen Polokwane & Pretoria was 'n rustige pad, verkeer tussen Pretoria & Grasmere wat die adrenalien laat vloei het en toe ? baie sterk wind tussen Grasmere & Kroonstad. Maar dis alles deel van Harley ry! Wow dit is so lekker! Wat ? voorreg. Vanaand slaap ons by die Barn, braai lekker vleis & geniet dit saam met egte Vrystaatse krummelpap. Ons kuier om 'n groot vuur en geniet die samesyn terdeë. Dankie Linda Liebenberg vir al jou reëlings.
Dag 2 -8 Aug 2019
Ventersburg na Beaufort Wes
Ons ry vandag 720 km van die Vrystaat deur ? deel van die Noord Kaap tot in die Weskaap. Wat 'n mooi deel van ons land! Van Colesberg verby Drie Susters tot hier in Beaufort Wes is beautiful!! Die paaie is so mooi, baie min potholes. Dit was bitterkoud op die bikes, ons was soos eskimo bikers aangetrek. Vanaand slaap ons by die pragtige Cape Karoo Gastehuis. Ons eet skaap by Four Sheep Restaurant, want ons is mos in die skaapwêreld. Skaapstertjies, skaapboud, skaapkerrie, skaapafval! Hierdie is golden moments wat altyd onthou sal word.
Dag 3- 9 Aug 2019
Beaufort Wes tot by Robertson 420 km
Vanoggend was ons bike se sitplekke ge-ys! Dit was -5’C. Dit was bibberend koud. Dankie tog dit het later heelwat warmer geword. Ons eet ontbyt op Beaufort Wes by Tessie van Kokkedoor se Nessie. Die gemmerkoekies daar is divine!! By Matjiesfontein ontmoet ons die bekende spook & verkyk ons ons aan al die nostagiese ou karre. Die pad is nou baie mooi! Ons land is so mooi. Ons ry deur die Hexrivier vallei, die berge se pieke lê spierwit gesneeu, blou water damme & kolle oranje daisies. Die Nuy vallei is so spesiaal. Hier drink ons lekker wyn & eet oesters, tappas & pizza. Vir die volgende 2 aande slaap ons net buite Robertson by Galloway Gastehuis wat behoort aan Johann & Jana Roodt. Pragtige kamers met asemrowende uitsigte oor die berge. Na heerlike fynproewers kos van sjef Werner Snoek by Succulent Restaurant, stap ons terug onder die maanskyn & helder sterre. Wonderlike Harley tye! Wonderlike voorregte! Weereens dankie Johann & Linda Liebenberg, julle reëlings is puik!
Dag 4 - 10 Aug 2019
Robertson
Ons ry vandag net na Four Cousins vir ? lekker ontbyt. Daar proe ons ook hulle lekker Method Cap Christina. Vir die res van die dag het ons 'n bussie met 'n drywer, Pastoor Adonis, gehuur. By Viljoensdrift ry ons met 'n boot op die Breede rivier terwyl ons lekker wyn geniet. Daarna eet ons kaas, beskuitjies, olywe & vye en drink ons nog wyn, terwyl ons na hulle live music luister. Ons besoek Esona waar ons nog wyn drink en na Jazz musiek tussen die wingerde luister. By Bon Courage drink ons weer van hulle lekker Pepper Tree Shiraz. Ons sluit die aand af by Bourbon Street met oesters & skaaptjops. Wat 'n amazing dag hier in die Robertson vallei. Môre is ons weer oppad na en ry ons Route 62!
Dag 5 - 11 Aug 2019
Prince Albert
400 km (behalwe Bach Breytenbach wat 620 km gery het, want hy het sy beursie vergeet by Ronnie’s Sex Shop en moes toe omdraai). Van Robertson ry ons deur die pragtige Tradoux Pas tot by Barrydale waar ons gourmet hamburgers by Diesel & Creme eet. Toe stop ons by die bekende Ronnie’s Sex Shop. By Calitzdorp proe ons die beroemde De Krans Port. Deur Oudshoorn en toe die asemrowende Meiringspoort. Sekerlik een van ons land se mooiste plekke. Ons ry al langs die majestieuse Swartberge. Vanaand slaap ons in die Swartberg hotel - sagte beddens & spierwit beddegoed. Die paaie wat ons ry is onbeskryflik mooi, die plekkies waar ons stop is so spesiaal. Hierdie is ewige memories waarvoor ek so dankbaar is.
Dag 6 - 12 Aug 2019
Prince Albert na Knysna 220 km
Deur die Prince Albert vallei was dit lekker koud op die motorfietse! Gelukkig word dit toe warmer. Ons is weer deur die pragtige Meiringspoort tot by De Rust waar ons cappucinos drink, in Oudshoorn maak ons 'n stop by Smitties se winkel. Ons ry met die Outiniqwa pas tot in George. Dit is prentjie mooi. By Salinas in Knysna drink ons cocktails & eet lekker tapas. Ons is by die see! Vanaand slaap ons by die pragtige Turbine Boutique & Spa hotel op Thesen Island Knysna. Ek het vir ? lekker massage gegaan & voel soos 'n nuwe girl! Vir my is die ry met my Harley deur die bergpasse ongelooflik lekker. Ons het so mooi land!
Dag 7 - 13 Aug
Knysna deur die Klein Karoo tot in Riversdal 400 km
Van Knysna af stop ons by die mooie Buffelsbaai, ons ry deur Ruigtebos oor die Robinsons pass tot terug in die Karoo, Route 62. Die Klein Karoo is pragtig. By die Bella de Karoo eet ons Roosterkoek, groentesop & drink ons 'n glasie Chenin Blanc. Hier probeer Bach Breytenbach & Pieter Joubert 'n suur ou hoenderhaan hipnotiseer. En hier moet die manne ook Pieter se Harley aan die brand stoot! In Ladysmith loop ons die TV program Voetspore raak en ons vroue se harte klop sommer wild toe ons Johan Badenhorst ontmoet. Ons ry daarna oor die pragtige Garcia bergpas tot in Riversdal. Vanaand slaap ons by Fynbos Gastehuis in Riversdal, huis van die Slapende Skoonheid – ons bewonder haar behoorlik! Ons eet die aand by De Doornkraal, wat ‘n belewenis!
Dag 8 - 14 Aug 2019
Agulhas 390 km
Ons ry deur die Overberg na die Hemel & Aarde vallei. Berge, groen grasse & lande vol goudgeel canola blommetjies. Dis 'n ongelooflike mooi en skoon wêreld! Ons doen wine tasting met sjokolade en nougat. Party doen bier tasting. Ons eet geelstert vis en sien plekkies waarvan ek nog nooit gehoor het nie. Wat 'n wonderlike voorreg! Vanaand slaap ons by Kaap Agulhas Gastehuis aan die suidpunt van Afrika.
Dag 9 - 15 Aug 2019
Kaapstad 323 km
Van Agulhas af ry ons met ons Harleys deur die Strandveld kuslangs, verby Hermanus, deur Kleinmond, Bettiesbaai, Gordonbaai, Muizenberg, Kalkbaai, Noordhoek, verby Clifton tot in Kaapstad. By Kalkies eet ons vis & chips. En ek ry met my Harley een van die mooiste dele in die wêreld - Chapmans Peak! Wat 'n dag! Ons drink cocktails by Grand Café en eet heerlike Portugese kos by Diaz Tavern die aand. Ons oornag in die Signature Lux hotel, heerlike groot kamers!!
Hierdie 9 dae was onbeskryflik spesiaal. Môre oggend laai ons ons Harleys op die Shosholoza Meyl trein na Pretoria en ons ry ook saam terug. So, 'n trein avontuur wag môre op ons!
Kathleen Breytenbach – Skrywer van bg terugvoer – baie dankie Kathleen!
Linda Liebenberg skryf….
Op die trein het ons net so heerlik gekuier;
Op Touwsrivier moes ons nog voorraad aankoop met BAIE spoed! ;-))
Ons het Kerrie-bees-stew met stywe pap geeet op die trein, te lekker.
Ons slaap soos lyke op die trein se rustige wieg….EN kuier soveel moontlik om ons trip op 'n hoogtepunt af te sluit!
Saterdagaand oornag ons by City Lodge, Lynnwood Bridge en sluit ons trip af met nog ‘n behoorlike en laaste uiteet!
Polokwane fietse – 3,874 km elk
Tzaneen fietse – 3,793 km elk
Letsitele fiets – 4,174 km
Dendron fietse – 4,280 km elk
Cheers op nog vele sulke trips. Dankie aan elkeen wat saamgery het!! Elke trip het daarom, 'n eie unieke energie!
Ons Madame Zingara Show Stopper was regtig sooooo lekker vir elke lid wat kon saamgaan! Die ry Vrydag middag daarheen, Bennie & Corneli se huweliksherdenking vieringe, die show self, die kos, al die kreatiwiteit en sexiness van die aand…..een groot belewenis wat ons nie gou sal of kan vergeet nie!! Die Neighbour Goods Market Saterdag oggend was ‘n eerste vir meeste van ons lede – iets wat ons ook nie elke dag kan beleef nie. Dankie aan Ben & Irene vir die flink-dink-parkeer-reëling wat julle vir ons getref het! Die terugry na die Noorde, weer net so lekker…..
Dis partykeer goed om van die ‘normale’ af te wyk want toe ons Saterdag by die huis kom wou ons net nog kuier en Sondag was soos ‘n bonus op ons naweek!
Zingara was nou maar net een van daardie geleenthede wat Johann en ek so gekyk het in die Kaap en besluit het – hierdie is ‘n moet vir HOG Limpopo – julle sal dit soooooo geniet, dit sal werk en ons is bly om te kan sê – dit het nie teleurgestel nie…..en die lede van HOG Limpopo, nog minder!!!
28 lede woon by – 16 fietse – 900 kilometers vir Tzaneen fietse en so 700 vir Polokwane.
Saturday, 12 July - Super Saturday Outride, Klaserie
Die afgelope naweek se Super Saturday was voorwaar SUPER! Ten spyte dat dit winter skoolvakansie is, het 14 lede en 1 gas ons Outride meegemaak na Love Bitez op Klaserie – 9 fietse.
Die verwelkoming deur Sunette was voorwaar warm met ‘n heerlike drankie EN ‘n Harley cupcake!! Die kos was uit die boonste rakke en die diens, flink!
Ons Polokwane lede het na die son gesak het in die dorp ingery met die volmaakte volmaan wat agter ons opgekom het…..altyd SO die moeite werd om op te klim en saam te ry…..dankie julle, vir ‘n heerlike ontspanne dag saam van lag, gesels & menswees! Dis net weer bewys….8 ure vir Harley ry per dag is steeds te min tyd !!
Een van ons mees suksesvolste Outrides hierdie jaar, word gereel deur Ben & Dina Pretorius na die Olifant Restaurant, net buite Naboom!
25 Lede en 1 Gas met 17 Harleys woon by en ry saam op hierdie heerlike wintersdag! Pierre Welthagen het verjaar die dag en kon ons almal dit saam met hom ook vier!
Die kos was regtig lekker - 'n Buffet sowel as 'n A-la-Carte spyskaart is aangebied deur die eienaars.
Die fotos in ons gallery se alles!!
HOG Limpopo Chapter se showstopper One Nighter was weereens so lekker. Dendron-Polokwane- Pretoria. 6 Harley Davidsons, 10 Lede, ry saam. Ons eet 'n GROOT en heerlike middagete by Mustang Sally in Pretoria en verkyk ons aan die milkshake-kunswerke. Die Rock Show - Superbands 2, by die Rockwood Theatre was awesome!!! Musiek van Journey, Queen, The Eagles & Bon Jovi laat ons nostalgies terugdink aan jare terug. Sondagoggend, oppad terug eet ons ontbyt by die mooi Ludgwig Rose. Wow! Wat ? lekker naweek saam met wonderlike Harley vriende en sulke spesiale hartstye. Die beste terapie vir liggaam & siel op ons bikes met die wind & Harley pype wat brul!
7 Lede woon by met 5 Harley Davidsons.
Mei is wonderlike Harley-ry tyd en dit was voorwaar perfekte weer die dag!
08:30 – Polokwane bikes vertrek vanaf Shell Bendor na Mugg & Bean Tzaneen
09:45 – Tzaneen bikes kom bymekaar by Mugg & Tzaneen en wag vir Polokwane bikes
10:00 – Groep vertrek saam na The Thirsty Giraffe
11:15 - Groep arriveer by The Thirsty Giraffe vir middagete
13:15 – Groep vertrek na Mugg & Bean Tzaneen
14:30 – Rus & koffie & rook breek
14:45 – Polokwane groep vertrek huis toe om teen 16:00 tuis te wees
Dankie aan Benhardt Steyn vir jou reelings vir hierdie lekker outride, ons waardeer!!
7 Harley Davidsons, 12 HOG Limpopo Chapter Lede woon by. Hierdie artikel deur Linda Liebenberg vir die HOG Africa Magazine.
When HOG Limpopo Chapter # 9399 combines their Cross Border One Nighter with their Prawn Run One Nighter, the result is a Mini Touring Rally to Mozambique & Swaziland – across three border crossings and the best Mozambique prawns you can think of!!
7 Harley Davidsons, 12 HOG Limpopo Chapter Members, joined us on Saturday 6 April from Polokwane & Tzaneen on route via Hoedspruit, Acornhoek, Bushbuck Ridge, Hazyview to White River. From there we headed to the Komatipoort / Mozambique border post. Harry Kruger, Assistant Director and organiser of this Mini Tour, gave us detailed instructions on what to do and what not to do, when crossing this border and we literally sailed through the post!
From here we headed to Maputo to cross over the newly build bridge….a few facts about this bridge:
- Africa’s longest suspension bridge;
- The Maputo-Katembe bridge measures 3km in length and connects travellers between South Africans and Mozambique in record time;
- The main span measuring 680 meters;
- It is 60 meters above the Maputo bay;
- It cost a staggering R11.3 billion to construct – most of which was funded via Chinese loans, which already make up about 20% of the country’s heavy sovereign debt;
- There is a toll charge that can be paid in Rands or Meticas;
After crossing this amazing new bridge, we stopped 72 kms from Ponta do Ouro for refreshments….
We drove into Ponta do Ouro around 16:30 after 740/640 kms for the day and checked into the Coco Rico Lodge for 2 nights, well situated in town to be close to all amenities.
We had the best prawns at the Lodge’s restaurant, Shipwreck!
Sunday, 7 April was Mozambique’s National Woman’s Day and we celebrated this with all the locals – we will remember this as the day of R&R’s – their famous Rum & Raspberry drink. We rounded the day off with a perfect traditional Chicken Peri-Peri in town – at Florestinha do Indico.
On Monday, 8 April we departed to be at the Kosi Bay Border post to be there at 8:00. This border post is only open from 8:00 to 17:00 every day.
Our route today went via Kosi Bay, through the most beautiful Fever Tree Forest, to have brunch at the Boabab Inn on the N2, just before Pongola. We crossed the border at Golela, close to Lavumisa, to go into Swaziland. We travelled through Big Bend and Manzini to check into the Happy Valley Hotel & Casino. 421 kms riding for the day.
We had dinner at Adega’s, just across the road that evening to round our trip off with good food and good company.
Tuesday, 9 April, after a hearty breakfast, we departed to go through our third border crossing on this trip, at Oshoek, back info South Africa. Our route today was via Machadodorp – eNtokozweni – where we stopped at The HOG, an interesting small town pub, where we freshened up. Here we split up into two groups – 2 Harleys travelling via Belfast, Stofberg, Jane Furse, Chuenespoort to Polokwane 440kms for the day, while the 5 Tzaneen Harleys travelled via Dullstroom, Lydenburg, Ohrigstad to Tzaneen, 430kms for the day.
A total of 1,600 safe kilometres for the 2 Polokwane Harleys and a total of 1,500 kilometres for the 5 Tzaneen Harleys! It was one of our best rides – wonderful riding weather, a warm and sunny day off, good accommodation, great food, perfect Harley Owners Company – what else can you ask for!? Very well planned and organized, thanks to Harry Kruger, Assistant Director, HOG Limpopo Chapter.
Linda Liebenberg
HOG Limpopo # 9939
Secretary
Cell: +27 83 628 3134
Fax: +27 86 668 3134
E-mail: linda@eden-fruit.com
Visit: www.hog-limpopo.co.za
6 Harleys vertrek vanaf Tzaneen na Louis Trichardt vir middagete by Mountain Inn, Louis Trichardt. Een Tzaneen Harley ry via Polokwane na Dendron om saam met nog lede na Louis Trichardt te vertrek. Ons eet 'n Buffet met 'n baie groot verskeidenheid disse, 'n hele aantal nageregte word ook aangebied! Na 'n heerlike kuier op die stoep, met 'n asemrowende uitsig, vertrek ons huiswaarts. Lekker koel ry-weer, geen reen.
10 HOG Limpopo Chapter Lede woon by.
“Romance in the Rain”
Ons jaarlikse Valentine 1 nighter, was soos altyd, alweer ‘n wonderlike trip! Dankie aan almal wat saam was - of dit nou op jou Harley (9) of in jou voertuig (3) was – sonder jou sou dit nooit so lekker kon wees nie.
Saterdag oppad na Gabbata Lodge het ons nat gereën – soos ons vooraf seker almal geweet het. Dit was egter darem nooit te erg nie en almal het veilig en drogerig by ons bestemmings langs die pad opgedaag.
Toeka se Dae was perfek vir ‘n vinnige en ligte middagete en toe ons die laaste reënbui agter ons “sit” was dit heerlik warm al die pad na Gabbata Lodge.
Saterdagmiddag was rustig en ontspanne met sommige lede wat ‘n middagslapie/rus geneem het terwyl ander hul solank voorberei het vir die aand se “mannewales”.
21 Lede het almal al te lekker saam geëet en kuier by ons eie spesiaal gedekte Valentynstafel. Die verlowing van Marius & Corma is behoorlik gevier! HOG Colors is oorhandig aan Gawie & Rozille Booysen asook Nico Peyper – weereens baie geluk!
Sondag-oggend het ons groep na ‘n heerlike ontbyt by Gabbata Lodge, huiswaarts gekeer – sommige via die Harley Shop in Pretoria, sommige via Menlyn Shopping Centre (baba goodies aankope), sommige via grensposte na Botswana en sommige via Colesberg na Kaapstad (vir ‘werk’).
Die Polokwane bikes was teen 14:00 se kant by die huis en die Tzaneen bikes teen 17:00, na ‘n middagete by Pot & Plow.
Baie dankie aan Gawie Booysen, ons nuwe lid, wat vir ons foto’s geneem het en al die spesiale oomblikke vas gevang het!
Benhardt Steyn
Direkteur, HOG Limpopo Chapter