Harley Owners Group

Loading...
Sharing Our Experiences
Events Feedback
2019 01 20 AGM
Eiland Spa, Letsitele
Dankie aan Harry & Karen Kruger van die reel van ons AGM venue en ete by Eiland.
20
Jan
2019
2019 01 20 AGM
Eiland Spa, Letsitele
20
Jan
2019
Dankie aan Harry & Karen Kruger van die reel van ons AGM venue en ete by Eiland.

Dankie aan Harry & Karen Kruger van die reel van ons AGM venue en ete by Eiland. 29 lede is teenwoordig en binne 'n uur is ons AGM iets van die verlede - short & sweet!

Yearend Function
Mashutti Lodge, Tzaneen
Ons HOG Limpopo Chapter afsluiting was weereens pret uit die boonste rakke!
17
Nov
2018
Yearend Function
Mashutti Lodge, Tzaneen
17
Nov
2018
Ons HOG Limpopo Chapter afsluiting was weereens pret uit die boonste rakke!

Ons HOG Limpopo Chapter afsluiting was weereens pret uit die boonste rakke! Op die Agatha pad en in die berge by Mashutti Country Lodge naby Tzaneen het ons die tema 'African Chic' tot die beste voorbeelde uitgebeeld. ? Verfrissende koel swembad, Thabo wat sy bene af bedien het, DJ Craig wat ons besig gehou het op die dansvloer, lekker kos & lag & samesyn saam met wonderlike vriende, het die funksie gemaak! Die tafels was vol heerlike papajas, avokados, piesangs, aarbeie en elkeen van ons het ? baie “spesiale plantjie” gekry wat volwaardig by die tema gepas het. Dankie Harry & Karen Kruger asook al ons Tzaneen lede, vir julle wonderlike idees en reëlings getref. Dit was weereens 'n onvergeetlike jaareind partytjie!

West Coast Touring Rally
Lambertsbaai, West Coast Rally
Wat meer kan ek sê!!? Dit was ‘n fantastiese, wonderlike trip.
23
Oct
2018
West Coast Touring Rally
Lambertsbaai, West Coast Rally
23
Oct
2018
Wat meer kan ek sê!!? Dit was ‘n fantastiese, wonderlike trip.

Wat meer kan ek sê!!? Dit was ‘n fantastiese, wonderlike trip. Elke oomblik was spesiaal. Ons het ‘n pragtige land – elke gebied is uniek. Op ons Harleys, saam vriende, is dit nog meer spesiaal.

Aanvanklik is ons 12 Harleys (16 toerlede) wat mekaar kry op Dinsdag 23 Oktober by The Ranch Caltex vulstasie. Leon & Marina ry net saam tot op Lichtenburg. So begin ons reis van meer as 4 300 km. Die eerste 2 dae is die weer nog koud in die oggende, lekker in die middae, maar van die 3de dag af word dit baie warm – tot 41.5 ‘C. Ons stop kort-kort by oulike plekkies, slaap by amazing gastehuise langs die pad, eet soos konings en drink wyn soos fynproewers. Elke aand om ‘n braaivleisvuur of saam om ‘n lang vriendskapstafel dink ons na oor die dag se gebeure en kies ons saam die dag se “dweepie” – dis die een wat die dag ons die meeste laat lag het, of iets snaaks aangevang het – die dweepie moet dan die warm pienk mus dra tot die volgende aand. Dit was voorwaar pret. Ons beleef saam benoude oomblikke soos toe die verkeerspolisie ons naby Olifantshoek aftrek, konsuis omdat al 11 motorfietse nie die regte nommerplate het nie. Na ‘n half uur se mooi praat, kan ons uiteindelik weer in die pad val. Rachel wat sonder brandstof gaan staan en Mike wat deur ‘n by gesteek word … Op Augrabies sien ons ‘n pragtige sonsondergang met die kokerbome in die voorgrond en dit was volmaan – met die maanlig wat glinster op die Noord Kaap klippe…. Op Pofadder eet ons lekker ontbyt. Doringbaai is asemrowend mooi met die blou Atlantiese Oseaan en wit seemeeue – hier vier ons Ben Pretorius se verjaarsdag. Op Lambertsbaai bly ons in die pragtige Grootvlei Gasteplaas. Die Weskus Rally begin by die legendariese Muisbosskerm, met kos uit die boonste rakke. Met die baie warm terugrit deur die Karoo, spring ons almal, met Linda aan die voortou, op Williston se “Mall” se yskoue dam, klere en al, in. Wat ‘n lafenis!! Die Karoo is warm, die pad is lank, windpompe en skape is volop. In Victoria Wes by die Merino Junction wag hulle ons in met koue bier en lugverkoelde kamers. Ons eet Karoo skaaptjops en kuier lekker saam. Karen wys ons weereens dat ons Afrikaner vroue sterk is, toe sy die meer as 600 km tussen Victoria Wes en Kroonstad olik op haar bike kan bly. Saam is ons so dankbaar dat sy gou weer op en top is na ‘n nag se veblyf in die hospitaal. Ons groet mekaar weer almal by The Ranch Caltex naby Polokwane. Wat ‘n trip! Ons is so dankbaar dat ons dit saam kon voltooi, dat ons veilig was en memories kon maak wat ewiglik deel van ons sal wees. Baie dankie aan Johann en Linda Liebenberg, vir die puik reëlings, leierskap en omgee.

Kathleen Breytenbach
HOG Limpopo Photographer & Editor

Ladies Of Harley Event
Dullstroom
8 Polokwane lede; 11 Tzaneen lede; totaal van 19 lede uit HOG Limpopo woon by.
14
Sep
2018
Ladies Of Harley Event
Dullstroom
14
Sep
2018
8 Polokwane lede; 11 Tzaneen lede; totaal van 19 lede uit HOG Limpopo woon by.

8 Polokwane lede; 11 Tzaneen lede; totaal van 19 lede uit HOG Limpopo woon by.

10 Harley Davidsons & 2 Motors vir die krukkelys ;-))

Gaan tuis in die Fox & Hound Groep van eiendomme.  Baie dankie aan elkeen betrokke om dit 'n heerlike 2 nighter te maak!

Ladies Of Harley Event, Dullstroom
Dullstroom
Die Two Nighter gereël deur ons Captain Ladies of Harley, HOG Limpopo Chapter was heelhartig geniet.
14
Sep
2018
Ladies Of Harley Event, Dullstroom
Dullstroom
14
Sep
2018
Die Two Nighter gereël deur ons Captain Ladies of Harley, HOG Limpopo Chapter was heelhartig geniet.

Die Two Nighter gereël deur ons Captain Ladies of Harley, HOG Limpopo Chapter, was heelhartig en uitbundig geniet deur almal teenwoordig. Twee packs het onderskeidelik vanaf Polokwane & Tzaneen vertrek Vrydagmiddag en net voor son-onder by Dullstroom ge-arriveer - 19 lede op 9 harleys & 2 voertuie, almal veilig uit en tuis. Die aandetes by Mayfly Restaurant (Vrydag) en Critchley Hackle Lodge (Saterdag) was net-net oortref deur die ontbyt Saterdagoggend op Highland Golf Estate. Elmarie Jacobs & Lindie Lucas se HOG Limpopo Colors is aan hulle oorhandig en Pierre Welthagen is as nuwe lid verwelkom by ons Chapter. Sondagoggend se huiswaarts keer, het sonder voorval verloop en die 2 packs is basies op hule eie roetes terug - met die Tzaneen groep wat darem net betyds voor donker tuis was na lekker kuiers langs die pad!

Benhardt Steyn
HOG Limpopo #9939
Director

Awesome August Outride
Villa Luso, Phalaborwa
Ons het 'n 'Awesome Amarula & Prawn Run' op ons Harleys gehad. Meer as 220 km vir Tzaneen lede.
18
Aug
2018
Awesome August Outride
Villa Luso, Phalaborwa
18
Aug
2018
Ons het 'n 'Awesome Amarula & Prawn Run' op ons Harleys gehad. Meer as 220 km vir Tzaneen lede.

Ons het 'n 'Awesome Amarula & Prawn Run' op ons Harleys gehad. Meer as 220 km vir Tzaneen lede, meer as 460 km vir ons Polokwane lede. Naby Phalaborwa het ons gestop by Amarula Lapa waar Amarula vervaardig word. Baie interessant. Harry Kruger bederf ons hier elkeen met 'n verversing wat heel gepas is. Natuurlik shop ons Ladies of Harley want daar is mos 2 trikes met groot bagasiespasie of hoe!? By Villa Luso Restaurant in Phalaborwa, smul ons aan regte egte Mosambiek prawns, en net soos in die verlede, stel hulle nie teleur nie. Dit was smul lekker! Weereens geniet ons elke oomblik - die saamkuier met wonderlike Harley vriende en ook elke kilometer op ons Harleys deur wind, stof, mis, reën & koue! Dankie Harry Kruger, jou reëlings was uitstekend. 10 Lede met 7 Harleys woon by.

Bosveld Bibber One Nighter
Lapeng Guest Lodge, Burgersfort
HOG Limpopo Chapter se Bosveld Bibber One Nighter te Lapeng Guest Lodge naby Burgersfort was pret.
21
Jul
2018
Bosveld Bibber One Nighter
Lapeng Guest Lodge, Burgersfort
21
Jul
2018
HOG Limpopo Chapter se Bosveld Bibber One Nighter te Lapeng Guest Lodge naby Burgersfort was pret.

HOG Limpopo Chapter se Bosveld Bibber One Nighter te Lapeng Guest Lodge naby Burgersfort was weereens pret uit die boonste rakke. 25 HOG lede ry meer as 750 km deur klein dorpies soos Roossenekal en Stofberg, oor bergpasse met opwindende draaie en ons sien weereens hoe mooi ons land is! By Lapeng kuier ons langs 'n knetterende Bosveld vuurtjie en drink goeie rooiwyn saam met Heerlike Harley Mense. Mak njala bokke wei tussen ons gemakilke chalets. Wat 'n onvergeetlike naweek! Dankie aan Marius Swanepoel vir sy puik reëlings as Activities Officer vir HOG Limpopo Chapter.

Super Saturday Jeugdag Outride
Euphoria, Nylstroom
8 Harley Davidsons vertrek 10:20 vanaf Caltex, The Ranch.
16
Jun
2018
Super Saturday Jeugdag Outride
Euphoria, Nylstroom
16
Jun
2018
8 Harley Davidsons vertrek 10:20 vanaf Caltex, The Ranch.

8 Harley Davidsons vertrek 10:20 vanaf Caltex, The Ranch, met die ou pad na Euphoria. Arriveer om 11:55 by Euphoria waar Ben & Dina Pretorius die groep inwag met hulle Nuwe Rooi Trike - hoe rooier hoe mooier....Baie geluk julle!
'n Heerlike ete op die stoep word aangebied met 'n uitsig oor die gholfbaan. Nog 'n Harley sluit later aan by die groep en almal vertrek 14:30 via Naboomspruit na Caltex, The Ranch waar almal groet. 
Polokwane fietse is almal tuis rondom 16:00 en Tzaneen fietse om 17:00, amper betyds vir die rugby. 
Die Tzaneen lede het 'n redelike koue ry gehad oor die berd die oggend maar die res van die dag het heerlike ry-weer opgelewer. Van ons lede is platgetrek in die bed met verkoues en ons het julle regtig gemis...sien volgende keer wanneer ons weer lekker saamry in 'n ander rigting.
10 Harleys woon hierdie outride by, 13 Lede.
Harley Groete, Benhardt Steyn, Direkteur.

2018 05 19 ShowStopper One Nighter
Pretoria, Gauteng
UB40 ShowStopper - wow!!
19
May
2018
2018 05 19 ShowStopper One Nighter
Pretoria, Gauteng
19
May
2018
UB40 ShowStopper - wow!!

UB40 ShowStopper - wow!! Uit 'n koue nat Tzaneen vertrek 3 Harleys oor Magoebaskloof en 4 oor Modjadji na The Ranch Caltex, om nog 7 Harleys te ontmoet na 'n heerlike brunch/lunch by Toeka, kom ons by die City Lodge Hotel waar 'n oulike Harley oranje pakkie met ons UB40 kaartjies en chockies op ons wag. Om 5nm vertrek 22 lede met die bussie na Menlyn Main waar ons wegle aan heerlike steaks by Turn n Tender. Die oud maar nog glad nie koud manne van UB40, was amazing.
Na ons 'night cup' by Tiger's Milk wag 'n skoon wit bed op ons by City Lodge. Dankie Dina!
Sondagoggend se heerlike ontbyt en koffie by Stephnie's was voorwaar 'n fees waarna ons na Menlyn is om ons komberse vir die kids blanket run te doneer. By HardRock Cafe geniet ons 'n drinkding voor ons die pad terug na Limpopo op ons Harleys met 'n warme gevoel van 'n heerlike showstopper-blanket run one nighter wat Dina vir ons gereel het. Baie dankie Dina vir jou uitstaande, puik reelings om die naweek vir ons 'n uitstaande belewenis te maak!!  
Geskryf deur Eleanor le Roux

ABW Touring Rally To East London
TOURING RALLY, EAST LONDON
Africa Bike Week 24 April – 30 April 2018
24
Apr
2018
ABW Touring Rally To East London
TOURING RALLY, EAST LONDON
24
Apr
2018
Africa Bike Week 24 April – 30 April 2018

Africa Bike Week 24 April – 30 April 2018

Weereens is ‘n wonderlike en idilliese tyd op ons Harleys spandeer.
8 Harleys en 14 Lede woon by.

Drie Tzaneen Harleys ( Marius Swanepoel, Corma Bam, Stefan & Eleanor le Roux, Tommy & Lynda Lyons) & 4 Polokwane Harleys (Benhardt & Charme Steyn, Ben & Dina Pretorius, Bach & Kathleen Breytenbach) kom bymekaar in Pretoria by die Centurion Road Lodge waar ons ‘n heerlike kuiertjie het by Rhapsody’s. Woensdagoggend 25 April vertrek ons vroegoggend. Dis nog donker en bibberend koud. Gelukkig help die Wimpy koffies langs die pad. Ons slaap die aand op Rondefontein naby Springfontein. ‘n Pragtige plekkie met wonderlike diens. Die aand drink ons rooi wyn en eet lekker Karoo skaapboud. Donderdagoggend 26 April draai ons eers af om die Gariepdam met die oop sluise te sien. Ons ry deur klein Karoo dorpies waar die Kerkgeboue ons be-indruk en skape in die hoofstraat wei. Donderdagmiddag sluit Johann & Linda Liebenberg met 3 Kaapse Harleys by ons aan, in Hogsback. Hogsback Inn is ons slaapplek vir die aand – ‘n pragtige en statige ou Inn wat alreeds oop is sedert 1880. Vrydagoggend na ‘n lekker ontbyt en rondloop in die klein dorpie, ry ons na Oos Londen waar die 2018 ABW aangebied is. Ons slaap by die Garden Court Hotel wat reg langs die ABW Rally Site is. Hier ontspan ons, drink yskoue bier, shop in die stalletjies en luister na die Parletones & Jack Parrow. Die see is reg langs die venue. Ons eet elke aand lekker saam. Ons is voorwaar ‘n wonderlike groepie saam! Sondagoggend groet ons Oos Londen en ons Kaapse vriende. Ons ry met ons Harleys deur ‘n pragtige deel van ons land – deur Aliwal Noord, verby Bloemfontein tot in Winburg. Hier kuier en braai ons heerlik saam. Maandag ry 5 Harleys terug tot In Polokwane, Tzaneen & Dendron. Die ander 3 stop eers in Pretoria.

Ons ry ongeveer 3100 km op ons super Harleys, sien hierdie land so intens, kuier saam met wonderlike vriende en deel ons liefde vir ons Harleys met mekaar. Wat ‘n onvergeetlike ervaring! Wat ‘n groot genade! Baie dankie aan die komitee vir die reël van hierdie fantatiese tyd. Julle is top!

Kathleen Breytenbach

Outride Maholoholo Ya Mati
Maholoholo Ya Mati, Hoedspruit
Net 5 Harleys sou ry en toe die dag aanbreek, is ons 10 Harleys, 14 Lede!
08
Apr
2018
Outride Maholoholo Ya Mati
Maholoholo Ya Mati, Hoedspruit
08
Apr
2018
Net 5 Harleys sou ry en toe die dag aanbreek, is ons 10 Harleys, 14 Lede!

Net 5 Harleys sou ry en toe die dag aanbreek, is ons 10 Harleys, 14 Lede! Die Double-up Outride....heerlike roete wat Harry & Karen vir ons uitgewerk het met gawe stopplekke. Maddogz Cafe was eerste om die keel net nat te kry. Maholoholo Ya Mati, met 'n tafel reg langs die skoon Blyderivier waar die Geelvis baljaar, was ons middagete stop, met smaaklike kos! Wyn vir poerring was by Cooked net anderkant Hoedspruit. Heerlike kuier vir 'n hele dag lank! Dankie julle vir julle 'rookie' werk vooraf gedoen om alles deeglik te beplan vir die 14 Lede wat saamgery het!

2018 03 18 Outride Cuckoo's Nest
Cuckoo's Nest, Louis Trichardt
Wat ‘n wonderlike outride!!
18
Mar
2018
2018 03 18 Outride Cuckoo's Nest
Cuckoo's Nest, Louis Trichardt
18
Mar
2018
Wat ‘n wonderlike outride!!

Wat ‘n wonderlike outride!! 13 Harleys & 21 lede! Ons ry al langs die pragtige Soutpansberge, verby groot groen bome & lang grasse wat liggies waai in die wind. Wat ‘n pragtige wêreld is Afrika nie en om dit op ons Harleys te kan ervaar. Tussen Louis Trichardt en Vivo stop ons naby Mara om ietsie koud te drink.

Cuckoo’s Nest is ‘n pragtige gastehuis met ‘n lowergroen tuin. Die manne braai vir ons ‘n worsie en tjoppie. Lekker kuier ons as Harley vriende saam. Net na 3 pak ons die pad terug aan huis toe. Dankie Marius Swanepoel vir al jou reëlings - ons nuwe Activities Officer se eerste Outride done & dusted. Dit was ‘n bakgat dag vol lag, kuier, ontspan en ons Harleys!!