Harley Owners Group

Loading...
Sharing Our Experiences
Events Feedback
Show Stopper One Nighter Singin' In The Rain
Monte Casino, GT
Die afgelope naweek se Show Stopper One Nighter Singin’ in the Rain was voorwaar ‘n ‘feel good’ TYD!
12
Mar
2016
Show Stopper One Nighter Singin' In The Rain
Monte Casino, GT
12
Mar
2016
Die afgelope naweek se Show Stopper One Nighter Singin’ in the Rain was voorwaar ‘n ‘feel good’ TYD!

Die afgelope naweek se Show Stopper One Nighter Singin’ in the Rain was voorwaar ‘n ‘feel good’ TYD vir elkeen wat saamgery het - 16 lede woon by!  Dit het geklink as volg…..What a glorious feeling; I’m happy again….. 

Riding in the Rain TO Singing in the Rain, maar die 3 couples wat toe wel Harley gery het, het wonder bo wonder, glad nie nat gereën nie - party mense het gedink dit gaan katte & beeste reën!!  ;-))  Na die show het ons ‘n heerlike glasie geklink op Stephan se 55ste verjaarsdag, baie geluk maat!  Daarna het ons RaJ toe gestap en wonderlike Kerrie geregte met vars Naan geniet….wat ‘n fees!!  Sondag oggend het ons bymekaargekom by Aroma in Lynnwood Drive vir ‘n nodige brunch na die aand se Kuier!!  Daarna die HD Pretoria Dealership besoek, lekker inkopies gedoen en almal het veilig huis toe gery.  Dankie Mike & Hester vir die fotos en die laai daarvan!  Ons waardeer dit BAIE.

Valentine Two Nighter
Cullinan, Gauteng
“If music be the food of love, play on.”
12
Feb
2016
Valentine Two Nighter
Cullinan, Gauteng
12
Feb
2016
“If music be the food of love, play on.”

“If music be the food of love, play on.”

So kan ons ons afgelope Valentyns naweek beskryf en kan mens nog die klanke van Lisa se Klavier in ons ore hoor van Koos Kombuis…..en ons lieflike fotos, geneem deur Rachel Sonntag en Celeste Greyvenstein, getuig daarvan!!  Dankie julle twee Ladies of Harley….ons waardeer dit ongelooflik baie! 
Dankie ook aan Benhardt vir al die syferwerk; Stephan wat die Tzaneen pack gelei het; 28 lede wat die naweek bygewoon het en dit oorleef het in die hittegolf!
Vrydagaand se kuier tot baie laaaaat en daai taxi rit, was weereens nes ons mekaar ken….ONVERBETERLIK!!
DANKIE vir elkeen se LAG, gesels, gesindheid en saamry….Altyd anders, Altyd onvergeetlik!!

AGM & Outride
Polokwane Golf Club
Dankie aan die 42 lede (met proxies ontvang) wat ons AGM op Saterdag 23 Januarie bygewoon het.
23
Jan
2016
AGM & Outride
Polokwane Golf Club
23
Jan
2016
Dankie aan die 42 lede (met proxies ontvang) wat ons AGM op Saterdag 23 Januarie bygewoon het.

Dankie aan die 42 lede (met proxies ontvang) wat ons AGM op Saterdag 23 Januarie bygewoon het.  Notule word eersdaags gesirkuleer aan lede.  Ons klomp het heerlik saamgebraai en die jaar sommer in 'n lekker gees afgeskop!  Was heerlik om almal weer te sien na die lang Desember weg. 

Baie geluk aan ‘n Nuwe EXCO lid, ons Assistent Direkteur, Stephan Le Roux uit Tzaneen!

Die ander EXCO lede wat herverkies is vir die volgende twee jaar termyn 2016/2017, is –

  • Johann Liebenberg as Direkteur
  • Benhardt Steyn as Tessourier
  • Linda Liebenberg as Sekretaresse
  • Pieter van Heerden bly aan as Past Director

Ook ‘n BAIE GROOT DANKIE aan die Addisionele lede van die afgelope termyn 2014/2015 gedien het op ons kommittee –

  • Ben Schempers – Road Captain & Safety Officer
  • Charme Steyn – Captain Ladies of Harley
  • Lynda Munro Lyons – Photographer
  • Benhardt Steyn – Membership Officer
  • Linda Liebenberg – Activities Officer & Webmaster

‘n SPESIALE DANKIE AAN Tommy Lyons, ons vorige Assistent Direkteur wat die wiel aan die rol gehou het vir ons lede in die Tzaneen area.  Baie dankie vir jou entoesiasme en die deeglikheid waarmee jy HOG Limpopo ondersteun het en steeds doen!  Jy word waardeer!!

Last Outride
Picnic Luncheon, Glenshiel, Magoebaskloof
Vandag het gevoel soos ‘n Kersfees Piekniek in die Mooiste Kaap.
22
Nov
2015
Last Outride
Picnic Luncheon, Glenshiel, Magoebaskloof
22
Nov
2015
Vandag het gevoel soos ‘n Kersfees Piekniek in die Mooiste Kaap.

Vandag het gevoel soos ‘n Kersfees Piekniek in die Mooiste Kaap…..dit was net VEEL nader as die Kaap self !!
Mistig, koel, ‘n groot ou boom, ‘n lang wit gedekte vriendskaps-tafel met snoesige komberse, vriendelike diens, ‘n lekker bord kos, goeie geselskap en baie wyn…..waarvoor kan mens meer vra??
Die laaste amptelike ry vir 2015 was alweer lekker!  Maar hoe dan nou anders…..?
Lekker koel en kort, in die middel outride, om ‘n goeie jaar heerlik af te sluit…..dankie vir die 22 lede wat wel daar was om mekaar vir oulaas te groet vir 2015!
4 fietse uit Tzaneen en 9 uit Polokwane en Potties – 13 in totaal.

Year End 2015
Madame Zingara, Monte Casino
IT IS ABOUT THE RIDE AND NOT THE DESTINATION!
07
Nov
2015
Year End 2015
Madame Zingara, Monte Casino
07
Nov
2015
IT IS ABOUT THE RIDE AND NOT THE DESTINATION!

IT IS ABOUT THE RIDE AND NOT THE DESTINATION!
Dit kan ons verseker sê van ons afgelope HOG Limpopo Jaareindfunksie na Gauteng hierdie jaar, 2015.
Met 91% lede wat ons jaareind bygewoon het (slegs 6 lede nie teenwoordig uit 68), was ons 28 Harleys wat met ‘n reuse BRUL vertrek het vanaf Tzaneen en toe Mike’s Kitchen na Fourways.
Hier het ‘n verdere 8 Harley eienaars en hulle metgeselle ons ingewag met ope arms en ‘n yskoue drankie, dankie julle!
Ook die feit dat ons kon terugploeg in jou as lid deur jou akkommodasie te dra, het sekerlik bygedra dat ons so voltallig kon wees – dankie aan die Kommittee vir hierdie besluit….elkeen se insette is van groot waarde!!
Dankbaar veral vir Benhardt & Charme, Ben & Florence en Johann wat my met baie vrae en antwoorde bygestaan het vir hierdie funksie.  Dankie ook aan Lynda vir die mooiste fotos vir ons webtuiste!  En Tommy en Pieter wat die beste is met Geesvang!  ;-))  Elkeen word opreg waardeer vir wat jy doen en wie jy is….
Ons wil die ‘pack’ geluk wens met ‘n MOOI en AANSKOULIKE ry!  Wanneer die Harleys so verbykom tolhek toe, het mens hoendervleis gekry…..
Afstande is nie ver gerek nie, wat veroorsaak het dat die middelste en agterste ryers ‘n veilige spoed kon handhaaf…..dit het geloop soos stroop!
Dankie ook aan almal wat vooraf soos gevra, per e-pos laat weet het waar julle ons inwag, wie eet waar saam en wie eet nie – net so het julleself bygedra tot die sukses van die reëlings wat agter die skerms plaasvind en ons waardeer dit opreg!
Dit was ook heerlik om elke lid in ‘n totaal ander milieu te kon ervaar!  Baie dankie vir elkeen se moeite gedoen om te DRESS TO CELEBRATE!
Indien jy twyfel of enige iets nie vooraf genoem is nie, hieronder is alles bymekaar…..van die uitnodiging tot die laaste koebaai!  Wat ‘n Fees!!
Dis altyd hartseer om te groet na so ‘n heerlike tyd saam, maar almal is veilig terug na ‘n onvergeetlike tyd…..ook Soon & Irma wat band probleme gehad het…..
Ons is dankbaar vir ‘n Chapter soos HOG Limpopo wat bestaan uit lede wat regte mense is; NIE net ‘n klomp onbekende gesigte wat jy net van tyd tot tyd sien NIE….
Regte vriende en opregte mense met dieselfde waardes is en word gekweek, in ons ongelooflike lekker Chapter; opreg dankbaar vir elkeen wat ons pad gekruis het die afgelope dekade of wat!

Outride
Pot 'n Plow, Magoebaskloof
Ons was 19 lede (11 fietse) met 4 gaste en soos altyd het ons heerlik saamgekuier en baie gelag!!
11
Oct
2015
Outride
Pot 'n Plow, Magoebaskloof
11
Oct
2015
Ons was 19 lede (11 fietse) met 4 gaste en soos altyd het ons heerlik saamgekuier en baie gelag!!

Ons was 19 lede (11 fietse) met 4 gaste en soos altyd het ons heerlik saamgekuier en baie gelag!!  Prinses het vir die eerste keer weer saamgery in 3 maande EN WAS DIT NOU LEKKER om haar weer op volle vaart te ervaar!!??  Dankie vir almal wat tyd gemaak het vir nog 'n wonderlike ervaring.

Outride
The GaP Brewery, Hoedspruit
Dis toe die waarheid….. You can’t buy happiness, but you CAN BUY BEER
30
Aug
2015
Outride
The GaP Brewery, Hoedspruit
30
Aug
2015
Dis toe die waarheid….. You can’t buy happiness, but you CAN BUY BEER

Dis toe die waarheid….. You can’t buy happiness, but you CAN BUY BEER….. met die heerlikste kos & atmosfeer daarby!!

Ons het ‘n hele paar drankies op Lynda, Rodney, Ben, Dina en Harry, wat almal in Augustus verjaar, gedrink – cheers weer ‘n keer!

So sê ons koebaai vir Herfs 2015, met ‘n baie lekker soel Outride na Hoedspruit…..

Die pad tussen Letsitele en Ofcalaco is weer op sy laaste en met die komende reënseisoen moet julle hom maar asb vermy…..

Verder is die pad oor Gravelotte steeds in ‘n baie goeie toestand en bly dit maar net lekker om Harley te ry in ons wonderlike Limpopo weer!!

15 lede woon by op 9 Harley’s.

Ladies Of Harley
Polokwane
Ons Ladies of Harley motiveringsaand op Woensdag 5 Augustus was ‘n reuse sukses!
05
Aug
2015
Ladies Of Harley
Polokwane
05
Aug
2015
Ons Ladies of Harley motiveringsaand op Woensdag 5 Augustus was ‘n reuse sukses!

Ons Ladies of Harley motiveringsaand op Woensdag 5 Augustus, aangebied vir liefdadigheid deur Mev. Polokwane, was ‘n reuse sukses!

Na afloop van die gasspreker Gretha Wiid se boodskap, het ons 8 Harley vriendinne se ogies mooi geblink met soveel kennis van die Gees.  Dit was voorwaar heerlik om soveel Goeie Nuus op een aand te kon absorbeer.
Dankie aan Charmé wat baie aktief kaartjies verkoop het oral waar sy betrokke is en ook aan Dina wat deel was van die organisering van die funksie wat behoorlik uit sy nate gebars het – voorwaar voorslag dames hierdie en dankbaar vir julle positiewe invloed op baie ander vroue!!

Outride
Riversdale, Alldays
Op Sondag 2 Augustus het ons ‘n heerlike Bosveld Outride gehad na Alldays. 15 lede (9 Harleys) woon
02
Aug
2015
Outride
Riversdale, Alldays
02
Aug
2015
Op Sondag 2 Augustus het ons ‘n heerlike Bosveld Outride gehad na Alldays. 15 lede (9 Harleys) woon

Op Sondag 2 Augustus het ons ‘n heerlike Bosveld Outride gehad na Alldays. 15 lede (9 Harleys) woon by.....+/- 420 kms per fiets.

Die pad via Mooketsi, Soekmekaar, Louis Trichardt, oor die berg via Waterpoort na Alldays was pure Bosveld alli pad….en nog lekkerder op ‘n Harley!

Goeie vriende en kos het die uitstappie na Riversdale vervolmaak….met poerring daarby!  Dankie aan Martin & Magda vir julle vriendelikheid en gasvryheid, dit was ‘n heerlike dag!

Outride
Dros, Bela-Bela
Ons Sondag, 12 Julie Outride na Khaya Noster, het toe ‘n Khaya Droster geword!! ;-))
12
Jul
2015
Outride
Dros, Bela-Bela
12
Jul
2015
Ons Sondag, 12 Julie Outride na Khaya Noster, het toe ‘n Khaya Droster geword!! ;-))

Ons Sondag, 12 Julie Outride na Khaya Noster, het toe ‘n Khaya Droster geword!!  ;-))  Ons het met aankoms gesien hierdie gaan ‘n gesukkel wees en dadelik Plan B uitgeruk en heerlik gaan eet en kuier by die Dros in Warmbad!  Die weer was fantasties vir ry en al 17 lede, 11 fietse, wat saamgery het, het dit baie geniet!

Paternoster na PaterDroster…. DrosterNoster….julle weet hoe ons klomp kan lag oor iets!!?  Dankie vir elkeen se positiewe gesindheid wanneer dit kom by hierdie tipe dinge wat gelukkig min in ons Chapter gebeur….  Waardeer julle BAIE!!

Word Ride One Nighter, 11 Passes (27 - 28 June 201
Graskop, Mpumalanga
12 Harleys; 18 Lede het oor die hoogste berge gery, deur die diepste valleie, verby watervalle...
27
Jun
2015
Word Ride One Nighter, 11 Passes (27 - 28 June 201
Graskop, Mpumalanga
27
Jun
2015
12 Harleys; 18 Lede het oor die hoogste berge gery, deur die diepste valleie, verby watervalle...

12 Harleys; 18 Lede het oor die hoogste berge gery, deur die diepste valleie, verby watervalle, riviere en strome, woude en plantasies!  Heerlike vars oggende met dae wat perfekte ry-weer opgelewer het, presies die voorreg wat ons hierdie tyd van die jaar het in ons area!

Alles het 100% uitgewerk soos Benhardt vir ons beplan het – baie dankie Benhardt vir jou detail reëlings!  Ons almal het dit ongelooflik geniet.

Saterdag - 27 Junie vertrek ons om 7:00 - Polokwane bikes vertrek vanaf Shell Bendor na Tzaneen via die Magoebaskloof pas.  Ons sluit aan by Tzaneen bikes vir ontbyt by die Blue Bell Guest House in Tzaneen.  Vertrek na Orighstad via Abel Erasmus pas.  Vertrek na Lydenburg via Veraaiersnek pas.  Vertrek na Sabie via Masjiennek pas & Long Tom pas & Koffiehoogte pas.  Heerlike middag ete word by The Woodsman in Sabie geniet.  Vertrek na Hazyview via Bergvliet pas, shop leke en drink ‘n ietsie waarna ons vertrek na Graskop via Kowyns pas.  Oornag in die Graskop Hotel en geniet ‘n heerlike Portugese aandete by Canimambo Restaurant…. ons kan regtig hulle prawns aanbeveel!!

Sondag - 28 Junie vertrek ons na Orighstad via Bonnet pas & Robbers pas.  Daarna na Tzaneen via Three Bridges waar ons stop vir ‘n ietsie.  Middag ete by Crawdaddy's, Tzaneen waar ons die Tzaneeners groet en vertrek die Polokwane bikes huis-waarts via George's Valley pas.

Benhardt het reeds ons kilometers ge’log’ en kan ons Chapter spog met naby 1,000 kilometers afgelê as ons aandeel aan hierdie wêreld-wye-ry!  Die totale kilometers gery dwarsoor die wêreld staan nou op 11,879,113 kilometers!!!  Well done en DANKIE aan al ons lede wat saamgery het – ons het almal ons Word Ride Certificates ontvang via e-pos!

Dis lekker as lede moeite doen om saam te ry, veral as daar soveel moeite en beplanning vir jou as lid gedoen word, deur ons mede-lede…..

Cradle Of Human Kind One Nighter (23 - 25 May 2015
Magaliesburg
Benhardt en Charme Steyn het hierdie one nighter op hulle geneem, baie dankie aan die Steyns!!
23
May
2015
Cradle Of Human Kind One Nighter (23 - 25 May 2015
Magaliesburg
23
May
2015
Benhardt en Charme Steyn het hierdie one nighter op hulle geneem, baie dankie aan die Steyns!!

Benhardt en Charme Steyn het hierdie one nighter op hulle geneem, baie dankie aan die Steyns!!  Heerlike ryweer sorg vir BAIE ry!!  Eet heerlik by die Upperdeck Saterdag middag; pit-stop by BrauHaus on Dam; Baie nice blyplek en aandete en KUIER die aand!  Celeste het fotos geneem en Linda het geplaas.  27 lede (17 fietse) woon by.