Ons ry na die Bosvelder van die afgelope naweek was soos ‘n baba…..nat, koud & winderig maar toe ons eers daar aankom, het hierdie baba nie weer ‘kwê’ gesê nie en net gelag en gespeel, heerlik gekuier en geëet!!! Ons beplanning het gegaan rondom die vorige week se 38 grade toe word ons bederf met die jaar se laaste perfekte ry-weer!! Daar was ‘n swembad op elke moontlike kuier-plek en daarom sal ons dit net weer MOET doen…..maar volgende keer in die Hoog Somer! Ons vat nie weer onvoorspelbare-weervoorspelling-kanse en mis al die swemme nie!! ;-))
23 lede ry saam, 22 slaap oor – 14 Harleys het behoorlik ge-pub crawl deur ‘n koel Hoedspruit.
Liebenberg, Steyn, Du Toit & Naude vertrek vanuit Polokwane om 9:00 vanaf Shell Bendor en Ben & Florence bederf ons alweer met koffie!! Dankie julle 2….waardeer.
Lyons; Van Heerden; Barnard; Kruger; Van Der Spuy; Rautenbach & Sonntag – kom om 9:45 bymekaar en wag die Polokwane fietse in by Sasol, Mugg & Bean – hier verwelkom Leon ons groep! So lekker om te sien, dankie Leon!
Ons vertrek vanuit Tzaneen om 11:00 via Gravelotte – waar die beste biltong gekoop word….
Ons eerste stop is by Hoedspruit Safari Wine Club om bene te rek en ietsie te nuttig voor ons vertrek na Josmac’s teen die Klaserierivier waar ons middagete geniet het – pizzaskywe terwyl ons lekker rond sit en -staan en -kuier. Dit is ‘n plekkie wat op ‘n “bucket list” hoort en ons was daar, net voor die hek van die Timbivati …..met baie wild op die pad daarheen!
By die WildLife Estate langs die Blyderivier aagekom, word ons geneem na ons huise en almal ‘settle’ in. Viljoen ontmoet ons daar….liewer laat as nooit!! Die eerste huis – Van Heerden; Viljoen; Kruger; Van Der Spuy; Die tweede huis – Lyons; Sonntag; Liebenberg; Steyn;
Die derde huis (huis Geesvang!!) – Rautenbach & Du Toit & Naude!
Teen 18:00 kry ons almal mekaar weer by die Clubhouse in die Estate, waar ons die aand ook eet.
LIGTE Ontbyt by Scoops – bekend vir hulle heerlike koffie – Sondag oggend voor ons vertrek na Luke Africa, Letsitele, waar Luke & Anita ons bederf het by hulle lodge met heerlike ‘homemade burgers’!!
Tzaneen (300km) en Polokwane (500km) plus-minus in totaal, onderskeidelik.
Euphoria Outride terugvoer ontvang, is dat 25 lede bygewoon het (13 fietse) en dat dit weereens ‘n GROOT suskes was! Euphoria was baie opgewonde om ons groep te ontvang en hoop ons besoek weer. Baie dankie aan Ben & Florence Schempers wat hierdie ene op hulle geneem het om voluit en perfek te doen vir ons lede. Ons waardeer dit opreg en maak graag weer so!!?
Dankie aan almal wat saamgegaan het op ons afgelope Polar Bear na Dullstroom!
Dit was lekker VARS vroeg oggend en laat middag….presies soos ons dit wou hê om dit ‘n propperse Polar Bear te maak…..
Botha, Pretorius & Liebenberg vertrek vanuit Polokwane om 7:30 vanaf Broadlands se hek. Lyons; Van Heerden; Viljoen; Kruger; Barnard & Sonntag – kry ons by DEI GRATIA in Tzaneen vir ontbyt. 9 fietse 13 lede, vertrek om 9:30 en het genoeg tyd om rustig saam tot in Dullstroom te ry…..290 kilometers.
Daar aangekom val ons sommer dadelik in by Mrs. Simpson’s…..regtig ‘n plekkie wat mens NIE MAG misry nie! Ons sleutels is opgetel vir ons 2 huise in Oaklane Estate waar ons heerlik en warm gebly het. Skoon, netjies, cozy & ‘n kaggelvuurtjie wat brand…..ons kyk hoe die manne ‘n forel probeer uittrek, saligheid…. Ons kry almal mekaar weer om17:00 by The Poacher vir ‘n ‘sundowner’ voordat ons gaan aansit by die Royal Coachman om 19:00. Wat ‘n heerlike aand se kuier om ‘n vriendskapstafel. Die kos was heerlik en die geselskap, nog beter!!
Ontbyt by Harrie’s Pancake Sondag oggend voor ons vertrek na Tzaneen en Polokwane onderskeidelik. ‘n Totaal van 530km vir Tzaneen fietse en ….km vir Polokwane fietse.
Ons is bly almal is veilig tuis….goeie ‘riding-skills’ van elkeen met seine mooi deurgegee na agter, Jan Viljoen wat vir ons ge-‘sweep’ het en Johann en Tommy wat gelei het….dankie aan elkeen wat dit weereens BAIE spesiaal gemaak het….nuwe fietse….nuwe lede…..dit was regtig besonders!!
Twee fietse, Liebenberg en Schempers, vertrek Vrydagmiddag 15 Augustus, so teen 12 uur na Johannesburg. Dit was heerlike ryweer en ons kom veilig by ons bestemming aan.
Heerlike kuier saam met die ander HOG Chapters en Harley Davidson entusiaste volg, en ons geniet n vyfster maal!
Die H.O.T. Training skop af met ontbyt en registrasie, en ons begin so teen 9 uur met die opleiding. Sue Nagel, Norman Davis en Carl Fraye, bied die lesings aan en ons leer meer van HOG, wat ons baat deur daaraan te behoort, hoe mense behou word as lede, die Logo en die wetlike aspekte daarvan, (baie interessant) kopiereg, ens. Ook Africa Bike Week word bespreek en voorstelle deur die lede genotuleer.
Ons het baie geleer oor die beginsels van 'n Dealer Principle en sy Chapter/s bv. dat die dealer die chapter “besit”.
Baie gelag, weereens lekker gekuier, heerlik op ons Harleys gery!!
Ons afgelope Persiese ete in die berge was UITSONDERLIK!!! Die geure, die smake, die atmosfeer, die geselskap, die tuine, die weer – elke aspek daarvan, ONBESKYFLIK KOSBAAR….dankie vir die groot bederf aan ons Ladies!
DANKIE aan elkeen wat ons Ladies of Harley Outride ondersteun het – 23 lede woon by – 13 Harleys;
DANKIE aan Tommy & Lynda, Pieter & Prinses, Stephan & Eleanor wat spesiaal julle motors saamgery het om ons almal te vervoer oor die 2,5km grondpad na Kuhestan;
DANKIE aan Stephan & Eleanor dat julle hierdie ‘geheim’ met ons gedeel het sodat ons dit ook kon ervaar;
DANKIE aan Benhardt & Charme vir die versorging van al die logistieke reëlings rondom hierdie BAIE suksesvolle dag!