Harley Owners Group

Loading...
Sharing Our Experiences
Events Feedback
2022 07 17 Pack Training
Limpopo Coaches, Polokwane
Pack Training & Build a Burger
17
Jul
2022
2022 07 17 Pack Training
Limpopo Coaches, Polokwane
17
Jul
2022
Pack Training & Build a Burger

Benhard Steyn koordineer.

2022 06 11 One Nighter, Riverstone Lodge
Muldersdrift
Riverstone Lodge
11
Jun
2022
2022 06 11 One Nighter, Riverstone Lodge
Muldersdrift
11
Jun
2022
Riverstone Lodge

En so ontmoet ons mekaar almal op 'n ysige koue oggend by Caltex The Ranch, net buite Polokwane. Baie braaf, en dalk bietjie crazy, om die pad aan te durf Muldersdrift toe...maar wie gee om... ons is mos op ons Harleys...! Geen ysbeer gaan ons onderkry nie! (dalk het die soet slukkies so tussen die stoppe deur ook darem 'n bietjie gehelp om uit die ysbere se kloue te bly). Ons eerste groot stop was by Rafters om die Pretoria Chapter se ope dag te ondersteun. Na 'n koue lafenis, 'n bietjie shopping (juwele) en 'n ligte ete was weer op die pad na Riverstone Lodge. Daar aangekom was ons hartlik ontvang met 'n warm lafenis vir die koue en droee kele. Na 'n vinnige afpak is die pack weer op hul bikes na Gilroy's Brewery - man was dit nou 'n lekker kuier! Gilroy met sy unieke sin vir humor en die musikante, het vir baie vermaak gesorg. Terug by Riverstone Lodge, het 'n lekker warm kaggel en smaaklike aandete, ons ingewag. Nodeloos om te se, word ons die volgende oggend "warm" gegroet deur gevriesde harley sitplekke en petroltenks "onder" ys...maar 'n heerlike ontbyt het darem vir alles "opgemaak". Die pad terug huis toe het 'n laaste stop vir middagete ingesluit by Butter Bistro. Hierdie naweek was weer een vir die boeke!

2022 05 15 Outride Die Burger Meester
Die Burger Meester
Outride
15
May
2022
2022 05 15 Outride Die Burger Meester
Die Burger Meester
15
May
2022
Outride

‘n Heerlike ry-oggend oppad na Die Burger Meester in die Sterkrivier omgewing. Die goeie reens in die noorde het die natuurskoon van die Waterberge gekomplimenteer. Die 17 Harley Davidsons het hulle omtrent gate uit geniet met kronkelpaaie wat jou laat dink aan die heerlikste dans met die mooiste meisie.  Dit was Gaynor, Steve, Jacques & Raschelle se eerste outride as nuwe lede.

Gereel en terugvoer verskaf deur Christa Olivier

2022 04 09 One Nighter Perry's Bridge
Perry's Bridge
Hazyview
09
Apr
2022
2022 04 09 One Nighter Perry's Bridge
Perry's Bridge
09
Apr
2022
Hazyview

It’s the wind in your hair!  The calm before the storm.  The polarising forces of being at one with the serene surroundings of the Mpumalanga scenic views, knowing darkened clouds are brewing on the horizon.

The night before usually intertwines itself with early bedtime and last minute “onthou lysies” (#Christa)

The excitement of riders, keeping one eye open for sunrise, wondering, what the road ahead will bring.  It’s the feeling that manifest itself as goosebumps on the skin, and lifts the anticipation, to a level of crescendo (#Helgard), as a group of 18 proud HOG Limpopo members, hit the road.

We all gathered at Polokwane, and met up with a few fellow riders in Tzaneen, for two mellow days in the saddle, and travelled through Hoedspruit Limpopo, via the JG Strydom tunnel, via Graskop to The Vine Restaurant in Pilgrim’s Rest, where we were met by Oom Johnny and Rene our magnificent hosts, and two great people, offering great service!

Here amongst the rolling hills and gorge like mountain slopes, the trees reach, extends towards the sky and confines those within it, to the enveloping nature of the forest looking surrounds.  Almost disorientating, in that every angle, looked indistinguishable, from the last.

The morning of our One Nighter outride, started early, for us eager riders!

For us as HOG Limpopo members, emerging from our homes to congregate, share stories, make friends and progress these friendships already formed, a brother-/sisterhood, all the same.

Eventually, we thundered our way towards Hazyview.

Upon our arrival, we were met with a tantalizing welcome drink, and our stay was made extra special, by the exceptional hospitality we received on site, and it was a great pleasure to dry out, shower and rest in our most beautiful, cosy colonial customed rooms, at Perry’s Bridge Hollow Boutique Hotel, with its beautiful garden settings.

The facilities, rooms, and food at Kuka Café Restaurant, was top class.

Despite the downpour of rain and almost constant drizzle, boots, jacket, and every garment possibly soaked, we still couldn’t hide the smiles, that had fixed itself onto our faces, the entire day!

Every rider had their own story to tell “ducking & diving” potholes, narrow turns, and hellish wet weather conditions.

Whatever we do, the emphasis is on enjoyment, embracing the open road, to breath and never to take ourselves too seriously.

After a fantastic breakfast fit for kings and queens, Sunday’s trip back home, took us through the Sabie/Graskop area, with its beautiful scenery of mountains, gorges and even waterfalls, even an unfortunate incident with a Duikertjie (RIP).

Our luncheon stop, took us into greater “heights” with a quick fly-in-and-out at Aerotel, situated in Hoedspruit.

The beautiful Boeing 737-200, overlooking the African bushveld and the Northern Drakensberg mountains.

The great deck area, complimented by aircraft seating, hosted the perfect setting for a great choice in tappaz and drinks – Simone and her staff, very attentative and welcoming – Photos in the cockpit was a must - an amazing experience!!

They say: “The best therapy in the world, is the time with  friends and great adventures on a Harley Davidson Motorcycle, while we on this ride of “life”.

May we always, have the wind in our faces, and the sun at our backs!

Thanks for a memorable weekend HOG-Maters!

Cindy Stolz

2022 03 13 Outride Hoedspruit
Hoedspruit
Outride na Hoedspruit
13
Mar
2022
2022 03 13 Outride Hoedspruit
Hoedspruit
13
Mar
2022
Outride na Hoedspruit

Op Sondag-oggend om 8:00 vertrek 6 Harleys vanuit ‘n koel Polokwane en ontmoet 3 Tzaneen Harleys, 1 Louis Trichardt Harley en 1 Letsitele Harley met ‘n heerlike koffie in Tzaneen. Ons ry in heerlike weer met so ‘n sagte briesie om ons af te koel. Die veld is nog klam en grasgroen van die vorige week se reen. Die sitrusbloeiselreuke hang swaar in die lug en die wild is verspot naby aan die teerpad. Die pack stop by Letaba Junction vir iets koel en geniet die uitsig van die Letabarivier vanaf die dek. Ons vertrek 11:00 vir ‘n heerlike middagete by Hat and Creek in Hoedspruit. Die geurigste kosreuke maak ons omtrent honger en ons eet ons trommeldik aan al die smaaklike disse gevolg met verskeidenheid nageregte (Hemels)! Die groep vertrek weer net na 14:00 en stop net vir brandstof & koeldrank. Die paaie is sonder slaggate en almal ry heerlik agter ons “aflos” Road Captain wat ons almal veilig terugneem na ons tuistes voor sononder.

Christa Olivier

2022 02 24 Nico Peyper Begrafnis
NG Kerk Duiwelskloof Laeveld Gemeente
Nico Begrafnis
24
Feb
2022
2022 02 24 Nico Peyper Begrafnis
NG Kerk Duiwelskloof Laeveld Gemeente
24
Feb
2022
Nico Begrafnis

Nico Peyper het op 16 Februarie 2019 sy HOG Limpopo Colors ontvang. Nou, na slegs 3 jaar moet ons hom groet as ons co-director. Die tyd was heeltemal te kort en te min. Woorde ontbreek om sy bydrae aan HOG Limpopo te beskryf.  Ons gaan sy stille glimlag en vrede wat hy altyd uitgestraal het - baie mis. Rus in vrede.

2021 11 13 Year End Fuction
Timbavati Safari Lodge
HOG Limpopo Chapter Members
13
Nov
2021
2021 11 13 Year End Fuction
Timbavati Safari Lodge
13
Nov
2021
HOG Limpopo Chapter Members

HOG Limpopo Chapter Jaareindfunksie 2021 is aangebied deur Polokwane area Lede by Timbavati Safari Lodge, Hoedspruit.

37 Lede het bygewoon

‘KEEP IT REAL – HARLEY DAVIDSON’ JAAREINDFUNKSIE 2021

‘n Egte HOG SpitBraai (ons het Hoedspruit se beste slagter & spitbraaier ingehuur vir ons funksie!)

Dit was ‘n Lekker Laeveld-kuier saam met ons Beste Harley Vriende

Vanaf hulle Webtuiste oor die Akkommodasiewww.timbavatisafarilodge.com

 

2021 10 22 Friendship Rally
Magoebaskloof Hotel
Harley Owners
22
Oct
2021
2021 10 22 Friendship Rally
Magoebaskloof Hotel
22
Oct
2021
Harley Owners

28 HOG Limpopo Chapter Lede en 2 oud lede, Gaynor en Steve, kuier die naweek aan en af saam!

Die Vrydagaand Braai by die Magoebaskloof Hotel was heerlik !  Die mass ride Saterdag oggend om 10:00 was BLISS !!  Die kuier by Iron Crown met die tafel wat die Oliviers vir ons gehou het, was vrek lekker, dankie julle !  Ons het Ben Pretorius en Pieter Olivier se verjaarsdae wat kom, behoorlik gevier ! Ons Nuwe Lede Adriaan & Hilde van den Berg het hulle Colours met trots gedra...wonderlike toevoeging tot ons Chapter. Dankie aan die lede wat nie geregistreer was nie maar tot die bitter einde saamgekuier het - Helgard, Antoinette, Darron & Lorette - vol lewe!!  Dankie aan almal wat deel was van die Rally, ons maak volgende jaar graag weer so!

 

2021 09 10 Two Nighter, Kaapsehoop
Angel's Mist, Kaapsehoop
Peyper
10
Sep
2021
2021 09 10 Two Nighter, Kaapsehoop
Angel's Mist, Kaapsehoop
10
Sep
2021
Peyper

Peyper en Rautenbach ry saam uit Tzaneen en ontmoet die Liebenbergs op Kaapsehoop Vrydagmiddag, vir 'n ontspanne naweek weg! 

Vrydagaand het ons lekker gebraai in Angel's Mist se kroeg rondom 'n warm kaggelvuur.  Swanepoel arriveer veilig Saterdag. Saterdag laatmiddag het ons iets gaan drink saam met die 'locals' by die Nagkantoor en lekker geeet die aand by Bohemian!

8 lede woon by, 4 Harleys.

Dankie Nico Peyper vir al jou reelings!

2021 08 14 Polar Bear One Nighter
Misty Mountain Lodge, Sabie
Steyn/Liebenberg/Olivier
14
Aug
2021
2021 08 14 Polar Bear One Nighter
Misty Mountain Lodge, Sabie
14
Aug
2021
Steyn/Liebenberg/Olivier

Steyn het die aanvanklike reelings begin getref, Liebenberg moes oorneem en finaliseer en Olivier het dit waar gemaak...'n ware spanpoging met almal wat gehelp het, selfs om Road Captain te wees!

Dit was nie koud nie....dit was VREKKEN KOUD!!  Sekerlik die koudste naweek in 2021 en 20 lede het gaan Harley ry, want hulle is rof!!  ;-))

Terugvoer is ontvang as volg vanaf lede wat saamgery en gekuier het....

"Die kamers is fantasties!! Kaggel in die kamers, elektriese kombers, verwarmer teen die muur en nog 'n ekstra verwarmer om die kamer heerlik warm te maak!"

"Baie, baie dankie vir 'n AWESOME naweek.  Een van die BESTES."

"Baie dankie almal vir 'n heerlike naweek van lag en speel."

"Baie dankie almal vir 'n heerlike naweek van nat reen, koud kry, lag en ontspan."

"Dit was so 'n lekker naweek!"

"Thanks to all who made this a great experience."

"Dankie vir almal, dit was alweer so baie lekker.  Dankie Darron dat jy so mooi voor gery het."

"Dankie julle almal, wat 'n lekker naweek, verseker een vir die boeke!!"

"Was awesome!  Thanks julle...."

Volg hierdie 'link' om meer te sien - https://www.youtube.com/watch?v=q5tBKr5TTo0

 

 

 

2021 06 16 Outride, Jeugdag
Mountain Inn Hotel, Louis Trichardt
Steyn
16
Jun
2021
2021 06 16 Outride, Jeugdag
Mountain Inn Hotel, Louis Trichardt
16
Jun
2021
Steyn

Ons Jeugdag Outride na Louis Trichardt in die noorde : Mountain Inn Hotel

Aangesien meeste van ons ons nog soos kinders gedra wanneer ons op ons Harleys rondry, is dit heel gepas dat bg outride plaasgevind het op Woensdag, 16 Junie - wat die publieke vakansiedag - JEUGDAG is.

Die aktiwiteite vir die dag het basies omsluit 'n outride na Mountain Inn vir middag-ete en daarna 'n vinnige stop om te groet voor almal weer terugkeer huis toe.

 

Benhardt & Charmé Steyn

Benhardt Steyn

HOG Limpopo #9939

Director

Cell: +2782 469 6005

E-mail: benhardt@leacc.co.za

2021 05 15 One Nighter
Mongena, Dinokeng
Olivier
15
May
2021
2021 05 15 One Nighter
Mongena, Dinokeng
15
May
2021
Olivier

Christa Olivier reel vir ons HOG Limpopo Chapter 'n one nighter met ons Harleys na Mongena Private Lodge wat gelee is in die Dinokeng Wildreservaat, Gauteng. Ons ry met die alternatiewe pad daarheen en stop eers by Toeka-se-Dae vir brunch. Mongena is 'n pragtige plek! Ons kuier lekker saam, party gaan op 'n wildsrit, ander ontspan en rus uit. Na 'n heerlike aandete, kuier almal om 'n groot boma vuur. Sondag ry ons met die N1 terug en stop by The Ranch Resort vir 'n keelnatmaak ietsie. Daar bederf hulle ons met biltong, grondbone & skyfies. Dit was voorwaar so lekker om ou Harley-vriende weer te kon sien en soveel nuwe Harley-vriende te kon ontmoet!

16 Harleys ry saam wat bestaan uit 27 lede en 3 gaste.

En om weer meer as 500km met ons Harleys te kon ry ... dit bly altyd maar net die beste terapie!