Lekker rit na die pragtige Laeveld
'n Heerlike outride Laeveld toe!
Heerlike outride!
DIe foto's is opgelaai, gaan kyk gerus!
Ons Valentine One Nighter uitnodigings is uitgestuur per WA.
Kontak vir Helgard de Villiers vir jou bespreking en meer info!
Tzaneen area se Socials vind die laaste Donderdag van elke maand plaas.
Polokwane area se Socials vind plaas elke 3de week op 'n Donderdag plaas, deur die loop van die jaar.
Jou uitnodiging sal deur Helgard de Villiers aan Lede gestuur word via WhatsApp. Helgard se kontak nr is 083 260 5123 indien jy dit nie ontvang nie.
Polokwane en area se volgende Social reelings word deurgegee deur Benhardt, kontak nr 082 469 6005 indien jy nie ontvang nie.
Nominasies is ontvang deur die Sekretaresse en word so aanvaar deur alle lede as die nuwe EXCO van HOG Limpopo Chapter :
Direkteur – Helgard de Villiers
Assistant Direkteur – Geen nominasies ontvang
- Benhardt Steyn sal die pos vul tot tyd en wyl die nuwe EXCO ‘n geskikte kandidaat verwerf het soos beskryf in ons By Laws
Sekretaresse – Antoinette de Villiers
Tessourier – Lorette van Vuuren
Road Captain – Darron van Vuuren
Past Director – Benhardt Steyn
Oudergewoonte sal die nuwe EXCO dan ‘n Komitee aanwys met poste bv.
Activities; Fotograaf; Webmaster; Captain Ladies of Harley; ens
Helgard de Villiers is aan die woord en bedank ons lede vir die vertroue in hom en sy span, gestel
Hy bedank vir Benhardt Steyn en die vorige EXCO met Komitee, vir die voorbeeld gestel deur die afgelope paar jaar wat hulle kon saamwerk
Helgard is ‘n voorstaander van volwassenheid en dat elkeen sy/haar Harley dan so geniet met aktiwiteite wat aangebied word deur die Chapter
Vriendelike Harley-Groete
GROOT waardering vir Karin Coetzee, ons Captain Ladies of Harley, vir al die reelings rondom ons heerlike laaste outride vir 2022. Perfek net soos sy....dankie Karin.
Sondag oggend om 8 uur vertrek die Polokwane Harleys vanaf Shell Bendor na Tzaneen. Na ‘n vinnige stop vir cappucinos by die Padstal in Magoebaskloof ontmoet almal mekaar by Mugg & Bean in Tzaneen. Na ‘n kort en vae verduideliking lei Darron die pack uit Tzaneen en bereik ons die beplande bestemming na 60 min se ry. Dan volg ‘n heerlike kuier en ete by pragtige gedekte tafels onder groot koelte bome. Baie dankie aan Helgard & Darron vir hul reelings om die dag vir almal spesiaal te maak.
Vrydagaand ontmoet 'n paar Tzaneen Harleys mekaar by die Pietersburg Klub en daar word heerlike saam gekuier. Die groep vertrek almal vroeg na The Ranch waar die Polokwane Harleys en res van Tzaneen Harleys mekaar ontmoet. Die hele pack vertrek saam via die N1 na Naboomspruit waar daar vinnig gestop word vir bietjie rus en petrol. Die volgende stop is in Vaalwater waar daar bietjie langer gerus word. Vandaar is dit 'n kort rit na Die Poskantoor waar ons ingewag word met 'n welkom drankie en heerlike platters vir ete. Na 'n lekker lang kuier, vertrek die groep na ons eindbestemming in Ellisras. Met ons aankoms word daar vinnig afgepak en ontmoet ons mekaar by die swembad vir 'n wel verdiende afkoel. Die amptelike funksie begin om 18:00 en die dames het behoorlik geskitter met ons tema van Denim & Diamonds. Die aand het ingesluit 'n heerlike kuier saam met heerlike kos. Sondag-oggend, nie te vroeg, het die groep vertrek na Marken waar die dames jou waarlik nog shopping ook gedoen het! Na die kort rus vertrek die pack saam na die Butter Bistro op Mokopane. Sommige lede het mekaar daar gegroet en huiswaarts gekeer terwyl 'n paar bittereinders nog 'n gesellige ete & kuier saam gedoen het. Baie geluk en dankie aan die lede van Tzaneen area, wat vir die reelings vir 2022 se Jaareinfunksie verantwoordelik was.
21-23 Oktober – Friendship Rally
- Lede bespreek en reel self eie verblyf en bywoning
Nico Peyper en Karin Coetzee begin met reelings vir ons Valentyn One Nighter in Februarie 2022. Helgard de Villiers bring uitvoering daaraan.
Wat begin het as ons tradisionele Valentyn One Nighter (wat wreed in die wiele gery is deur Nico Peyer, ons voormalige Assistant Direkteur, se hartseer en ontydige afsterwe) is toe geskuif na 20 Augustus vir lekker warm weer (met sneeu op die Drakensberge!) en het die afgelope naweek se HOG Limpopo Chapter One Nighter na Pecan Manor, weereens bewys dat niks en niemand so ‘n great groep mense bymekaar, kan weerhou van pret, plesier en gemoedelike samesyn nie.
Die Tzaneeners het besluit die lewe is te kort vir slegs one nighters en het die naweek reeds Vrydagmiddag afgeskop deur by Pietersburg Klub te gaan oornag. Die res van die groep het mekaar vroeg-vroeg en in die ysige koue by Caltex, The Ranch ontmoet, waar Cindy en Hilton reggestaan het met ‘n glasie Old Brown Sherry.
Toeka se mense was teen tienuur se kant slaggereed met ‘n heerlike ontbyt vir die 13 fietse se opgewonde ryers. Want ja, dis waaroor die naweek eintlik gaan.
“It is not the destination, but the journey that matters”
Of jy nou vir die eerste keer Oupa en Ouma geword het (baie geluk Leon en Marina) en of jou nuwe fiets wou truuks uithaal op sy eerste rit (ons is so bly julle het dit gemaak Henning en Madel!), as die wiele uiteindelik rol, is almal daar! Want almal wat daar is, deel ‘n liefde vir Harleys en motorfiets ry.
Ons was almal aangenaam verras met die pragtige blyplek, lieflik tussen die berge. Saterdagaand se ete oorkant die pad by Plaas se Gat het vir sy eie pret en plesier gesorg (o ja, die kos was ook nie te sleg nie). Na ‘n heerlike ontbyt Sondagoggend by Pecan Manor, het ons instaan Road Captain, Darron, besluit om ons te bederf met ‘n stunning roete deur Harties, en gepraat van Darron, jou leiding van die pak is regtig uitstekend!
Nadat die groep mekaar op Kranskop met ‘n “Sien mekaar gou weer” gegroet het, het elkeen sy eie koers gekry. Behalwe vir die paar bittereinders (dieselfde langasems van Vrydagaand) vir wie Sondagmiddag veels te vroeg aangebreek het. Dit was ook hoeka alweer tyd vir ‘n peusel- en drinkdingetjie en daarvoor het die Butter Bistro in Potties deeglik gesorg.
‘n Vinnige Irish koffietjie by Magoebaskloof het die naweek se onbeskryflike lekker ry en kuier perfek afgesluit. Want ja, ons lede glo daaraan om die tyd uit te koop, ook die dat hulle eers skemer by die huis aangekom het.
Hoe is dit dan moontlik dat ‘n naweek, wat 6 maande terug met groot hartseer NIE kon gebeur nie, so ‘n groot sukses was, met baie gelukkige memories en waaruit ons (as motorfiets-liefhebbers) soveel genot kon put? Dit vat een, entoesiastiese persoon met ‘n oneindige liefde vir Harleys en sy mense, wat bereid is om sy tyd en organisasie-vermoeens te gebruik om so ‘n naweek te laat gebeur. Een vir die boeke!! As hy nog ‘n “sweeper” van formaat is, is dit ‘n bargain. Baie dankie Helgard vir puik reelings, waarsonder so ‘n naweek nie moontlik sou wees nie. Ons almal sien alreeds uit na die volgende een.
Dankie vir almal wat saamgegaan het, sonder julle is so naweek nie moontlik nie. Wat ‘n voorreg om deel te wees van die HOG familie by Limpopo Chapter!
Terugvoer geskryf deur Antoinette de Villiers