Die pas van ons lewens dreig kort-kort om ons in te sluk. Elke aspek van ons elke dag se omswerwinge, verswelg ons met druk om by te hou, al byt ons soms net aan die buffer.
Die oomblik as jy as Harley Eienaar jou Harley uit sy parkeerplek trek, jou helmit, boots en leerbaadjie aantrek, val al die stres en spanning van ons gejaagde lewens van jou skouers af. Die kettings wat ons vasbind agter ons lessenaars word kettings wat ons almal verbind in ‘n groep wat omgee, na mekaar kyk, saam lag en voluit lewe. Die oneweredige gebrul van jou Harley laat jou hart klop en jy is vry... die reuke van ‘n mistige vallei, ‘n nat bos, veldbrand of sommer net vars plaaslug, laat jou maag ruk en die alleentyd saam jou geliefde, of soms net jy alleen, is daardie ononderhandelbare kosbare tyd wat jy in stilte dink, bid en sommer net kan saamwees. Elke rit op jou Harley word ‘n ongelooflike voorreg....
Kom gerus in, en beleef ons HOG® Limpopo Chapter lewe in die Noorde van Suid-Afrika, saam met ons!