Die pas van ons lewens dreig kort-kort om ons in te sluk. Elke aspek van ons elke dag se omswerwinge verswelg ons met druk om by te hou, al byt ons soms net aan die buffer.
Die oomblik wanneer jy jou Harley uit die motorhuis trek, jouself veilig aantrek en jou rugsakkie opsit, val al die stres en spanning van ons gejaagde lewens van jou skouers af. Die kettings wat ons vasbind agter ons lessenaars word kettings wat ons almal verbind in 'n groep wat omgee, na mekaar kyk, lag en lewe! Die oneweredige gebrul van jou Harley laat jou hart klop en jy is vry... die reuke van n mistige vallei, 'n nat woud, veldbrand of sommer net vars lug, laat jou maag ruk en die alleentyd saam jou geliefde, of soms net jy alleen, is daardie ononderhandelbare kosbare tyd wat jy in stilte dink, bid en sommer net kan saamwees. Elke rit op jou fiets word 'n ongelooflike voorreg ....
Kom gerus in, en beleef ons HOG® Limpopo Chapter lewe in die Noorde van Suid-Afrika!
Ons deel graag die HARLEY OWNERS GROUP se agtergrond met jou. Die Harley Davidson Motor Company bereik ‘n landmerk in hulle geskiedenis toe ‘n groep van 13 bestuurslede die maatskappy terugkoop van die AMF Korporasie in 1981. Die Harley Owners Group word amptelik op 1 Januarie 1983 geloods en teen die einde van daardie jaar spog die groep met 30 000 lede. Teen die einde van 1985 het H.O.G.® 60 000 lede met 149 Chapters, en teen die einde van Februarie 1998 het die groep oor die 380 000 lede in 99 lande met meer as 1, 049 Chapters.
In 2006 bereik die klub die miljoen ledetal mylpaal en het tans ver oor die 1 miljoen lede internasionaal.
