Harley Owners Group Limpopo

HOG ® Limpopo Chapter #9939
Events
Ladies Of Harley Event, Dullstroom
WHERE: Dullstroom
Die Two Nighter gereėl deur ons Captain Ladies of Harley, HOG Limpopo Chapter was heelhartig geniet.
14
Sep
2018

Die Two Nighter gereėl deur ons Captain Ladies of Harley, HOG Limpopo Chapter, was heelhartig en uitbundig geniet deur almal teenwoordig. Twee packs het onderskeidelik vanaf Polokwane & Tzaneen vertrek Vrydagmiddag en net voor son-onder by Dullstroom ge-arriveer - 19 lede op 9 harleys & 2 voertuie, almal veilig uit en tuis. Die aandetes by Mayfly Restaurant (Vrydag) en Critchley Hackle Lodge (Saterdag) was net-net oortref deur die ontbyt Saterdagoggend op Highland Golf Estate. Elmarie Jacobs & Lindie Lucas se HOG Limpopo Colors is aan hulle oorhandig en Pierre Welthagen is as nuwe lid verwelkom by ons Chapter. Sondagoggend se huiswaarts keer, het sonder voorval verloop en die 2 packs is basies op hule eie roetes terug - met die Tzaneen groep wat darem net betyds voor donker tuis was na lekker kuiers langs die pad!

Benhardt Steyn
HOG Limpopo #9939
Director