Harley Owners Group Limpopo

HOG ® Limpopo Chapter #9939
Events
Year End 2016
WHERE: The Grand Hotel, Tarentaalrand
Wat ‘n Fantastiese Jaareind was dit nie alweer vir ons Chapter nie!?
05
Nov
2016

Wat ‘n Fantastiese Jaareind was dit nie alweer vir ons Chapter nie!?  39 lede woon ons 2016 HOG Limpopo Jaarafsluiting by, te Grand Hotel naby Tarentaalrand – ‘n oulike venue ontdek deur Eleanor le Roux!  In 39 grade Celsius het ons klomp heerlik ontspan in die GROOT & DIEP swembad – dit was ‘n heerlike lafenis Na die warm ry, na die Laeveld.  Dankie aan die Tzaneen fietse wat ons klomp kom verwelkom het by Iron Crown die middag, terwyl die ander baie gesweet het om ons venue mooi te maak – net so dankbaar vir julle!!

Die aand se verrigtinge het sommer vroeg-vroeg begin en met die intrapslag het Mike & Hester van der Spuy ons onder ‘kamera’ gehad en almal deeglik afgeneem in die ‘Golden Hour’ om elkeen se moeite gedoen, vir ewig vas te lę in die oomblik!  Dankie julle goeie fotograwe – daar lę nog ‘n heerlike verassing vir almal wat teenwoordig was voor het El beloof…..en dankie ook aan al die lede wat kiekies geneem het en aangestuur het Sondag!

Jinne, kan goeie vriende sooooo LEKKER kuier en net wees!!!!??  Die prys vir die bes-geklede Lady of Harley het gegaan aan Dina Pretorius;  Die best dressed guy het gegaan aan Benhardt Steyn – well done julle – ons almal het werklik gelyk soos die foto hierbo en dit het gekook – letterlik en figuurlik!  Na ‘n fantastiese ete het omtrent almal weer daai lieflike swembad betree…….splash-splash is elkeen goed afgekoel en ons het gedans (of gehop ;-) tot laaaaat die aand op die maat van die musiek uit die Hippie era!!

Na ‘n heerlike nagrus in gerieflike groot kamers en ‘n ordentlike groot ontbyt, het die ‘pack’ vertrek – net voor die son kon water trek – want ons het mos nou gister ons les geleer.….die Berg was ‘n verfrissende koel ry terug na Polokwane en almal is veilig uit en tuis na ‘n aller-heerlike naweek van lag, saamkuier, gesels, opvang, uitvang en nog meer lag en gesels!!

Dankie weereens aan ‘n Girl wat KAN organiseer!  Ons weet wat dit vat en waardeer elke detail waaraan aandag geskenk is, om ons Jaareind so ‘n sukses te kon maak!  Jy verdien elke kompliment Eleanor….ons maak graag weer so!!