Harley Owners Group Limpopo

HOG ® Limpopo Chapter #9939
Events
Harley Stroom Rally
WHERE: Dullstroom
Die naweek se Harley Stroom Rally was ‘n RAAK Rally.
16
Sep
2016

Die naweek se Harley Stroom Rally was ‘n RAAK Rally en is ons bly oor ons Chapter se keuse om hierdie Rally te ondersteun hierdie jaar!  Ons was in 3 verskillende wêrelde vanaf Vrydag tot Sondag…..

Vrydag se ry via die R579 was ‘n hoog-somer ry en die pad besonder stil.  Het gevoel of ons deur Namibie ry en daardie ‘Quarts’ het sy ding mooi gedoen op die regte tyd!!

Die Rally self was goed gereël deur Zambezi Chapter….dankie aan Hester Marais en haar span!  HOG Limpopo het natuurlik elke oomblik van lekker-kry aangegryp en GROOT gegaan….ons fotos getuig daarvan!!  34 lede woon by met ‘n ‘pack’ van 22 Harley Davidsons uit HOG Limpopo!

Sondag se ry oor die Panorama was ‘n mid-winter Europese ry!  Net so lekker!  Dankie aan elke lid wat saamgekom het, dit geniet het en elkeen se positiewe terugvoer!  Dit was voorwaar ‘n Fees!