Harley Owners Group Limpopo

HOG Limpopo Chapter #9939
Events
AGM & Outride
WHERE: Polokwane Golf Club
Dankie aan die 42 lede (met proxies ontvang) wat ons AGM op Saterdag 23 Januarie bygewoon het.
23
Jan
2016

Dankie aan die 42 lede (met proxies ontvang) wat ons AGM op Saterdag 23 Januarie bygewoon het. Notule word eersdaags gesirkuleer aan lede. Ons klomp het heerlik saamgebraai en die jaar sommer in 'n lekker gees afgeskop! Was heerlik om almal weer te sien na die lang Desember weg.

Baie geluk aan n Nuwe EXCO lid, ons Assistent Direkteur, Stephan Le Roux uit Tzaneen!

Die ander EXCO lede wat herverkies is vir die volgende twee jaar termyn 2016/2017, is

  • Johann Liebenberg as Direkteur
  • Benhardt Steyn as Tessourier
  • Linda Liebenberg as Sekretaresse
  • Pieter van Heerden bly aan as Past Director

Ook n BAIE GROOT DANKIE aan die Addisionele lede van die afgelope termyn 2014/2015 gedien het op ons kommittee

  • Ben Schempers Road Captain & Safety Officer
  • Charme Steyn Captain Ladies of Harley
  • Lynda Munro Lyons Photographer
  • Benhardt Steyn Membership Officer
  • Linda Liebenberg Activities Officer & Webmaster

n SPESIALE DANKIE AAN Tommy Lyons, ons vorige Assistent Direkteur wat die wiel aan die rol gehou het vir ons lede in die Tzaneen area. Baie dankie vir jou entoesiasme en die deeglikheid waarmee jy HOG Limpopo ondersteun het en steeds doen! Jy word waardeer!!